Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Kopenhagen-ooreenkoms-nie-bindend

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:7 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 15:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:72%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Kopenhagen: Ooreenkoms nie bindend

 
Deur ALANI JANEKE
Klimaat. Foto: THEUNS BOTHA
Klimaat. Foto: THEUNS BOTHA

Die Demokratiese Alliansie (DA) sê hoewel belanghebbendes binne die landbousektor daartoe verbind is om klimaatsverandering te help beperk, die sektor die hardste deur die verskynsel getref sal word.

Luidens ’n mediaverklaring deur die party wil die landbou die vrystelling van kweekhuisgasse teenwerk, terwyl voedselproduksie teen 2050 bykans moet verdubbel om in ’n vinnig groeiende wêreldbevolking se behoeftes te voldoen.

'Landbou moet ingelsuit word'
Mnr. Lourie Bosman, ’n DA-lid in die Parlement, sê hulle erken dat die sektor oor sowat 40 jaar aan 9 miljard mense voedsel moet verskaf, maar daar moet nie vergeet word dat die landbou die hardste deur toenemende droogtes en oorstromings getref sal word nie. Hy meen die landbou moet ’n integrale deel van die voorkomingstrategie vir klimaatsverandering uitmaak.

Hy het bygevoeg dat die DA dit interessant vind dat pres. Jacob Zuma tydens die afgelope twee weke se kongres oor klimaatsverandering in Kopenhagen gesê het dat  Suid-Afrika, met die hulp van ontwikkelde lande, die vrystelling van kweekhuisgasse teen 2020 met 34% sal verminder, en met 42% teen 2025.

Bosman sê die voorneme is bekend gemaak terwyl die Regering steeds nie ’n alternatiewe omgewingsvriendelike plan vir die energiekrisis het nie en Eskom sy aanlegte wat krag uit steenkool opwek, wil uitbrei.

Kopenhagen-voorspellings word waar
Intussen het die talle voorspellings dat die Verenigde Nasies se 15de kongres oor klimaatsverandering in Kopenhagen net debatte tot gevolg sou hê, waar geword. Dit volg ná die ooreenkoms wat die afgelope naweek op die kongres gesluit is, nie wetlik bindend was nie.

Luidens ’n verklaring deur die internasionale natuurbewaringsorganisasie, WWF, is die organisasie teleurgesteld dat bindende besluite dalk eers op volgende jaar se kongres in Mexiko geneem sal word. 

Die Kopenhagen-ooreenkoms streef daarna om aardverwarming binne ’n maksimum teiken van twee grade Celsius te hou, omdat dit gevaarlike veranderinge soos meer oorstromings, droogtes, modderstortings, sandstorms en stygende seevlakke, in ’n mate sal voorkom. Daar is egter nie duidelikheid oor hoe dié doelwit bereik sal word nie.

Die ooreenkoms verwys ook na sowat $100 miljard dollar wat van 2020 af aan ontwikkelende lande beskikbaar gestel sal word, maar daar is onduidelikheid oor die bronne van dié geld.

Ooreenkomste eers volgende jaar
Mnr. Kim Carstensens, leier van die WWF se wêreldklimaatsinisiatief, sê hulle bly egter hoopvol dat 2010 se kongres meer geslaag sal wees. “Wat goed was van Kopenhagen was die vlak van die beloftes wat die meeste lande gemaak het”.

Carstensens sê die kongres se resultate was slegs dit wat leiers belowe het voordat die kongres begin het. Hy sê polities kom wêreldleiers ooreen om stappe te doen wat ’n temperatuurverhoging van minder as 2 grade Celsius sal veroorsaak, terwyl die praktiese gevolge van die huidige ooreenkoms ’n verhoging van 3 grade Celsius of meer tot gevolg sal hê.  Carstensens sê hulle sal die proses se vordering fyn dophou om regerings op hul tone te hou. 

Intussen het mnr. Nic Opperman, direkteur van natuurlike hulpbronne by Agri SA, voorspel dat besluite oor ’n bindende ooreenkoms tot volgende jaar uitgestel sou word. Hy het die kongres bygewoon en gesê nie-regeringsorganisasies het min tyd gekry om bydraes op die kongres te lewer. ’n Deense woordvoerder vir nie-regeringslandbou-organisasies het byvoorbeeld Vrydag net een minuut gekry om dié sektor se saak te stel.

Me. Buyelwa Sonjica, Minister van Omgewingsake en Waterwese, het verlede maand ook voorspel dat geen bindende ooreenkoms uit die kongres sou kom nie. Sy het gemeen die kongres sou op debatte uitloop.

Lees ook:

Omgewingsminister na Kopenhagen

Dinge vlot nie in Kopenhagen

Landbou kan aarde beskerm

Sonjica verwag 'klimaatoorlog'

Kopenhagen: 'Ooreenkomste nodig'

Kopenhagen: Landbou kry 1 minuut

21 Desember 2009

0
 
 
  • 2042 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Teenvoeter vir Johne

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Kongres: Vrystaatse Vrouelandbou-unie
  • Wil ‘n bakkie koop
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction