|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 15:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 72% |
| Wind: |
Die invoertarief op koring het bykans verdubbel – van R140,70 tot R260,90 per ton.
Dit kom nadat die bewegende tarief hersien is omdat die wêreld-koringprys teen 22 Junie drie agtereenvolgende weke telkens met meer as 10 Amerikaanse dollar geval het. In effek beteken dit vir Suid-Afrikaanse produsente ‘n bykomende beskerming van sowat R120 per ton teen goedkoop ingevoerde koring.
Graan SA het die amptelike aanpassing op 15 Julie, drie weke nadat die wêreldprys se beweging dit geregverdig het, verwelkom.
Die tarief-verhoging kom in ‘n tyd waarin die Suid-Afrikaanse koringbedryf weens ‘n lae produsenteprys onder ernstige druk verkeer. Die onwinsgewende plaaslike koringprys kan grootliks aan ‘n groot wêreldwye oorskot van die kommoditeit toegeskryf word.
15 Julie 2010
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)