3 Augustus 2010

1174 keer gelees | 0 kommentaar

Suid-Afrikaanse boere in Zimbabwe gaan die Noord Gautengse hof vra vir ‘n kostebevel teen die Zimbabwiese regering, sê AfriForum.


Suid-Afrikaanse boere in Zimbabwe gaan die Noord-Gautengse Hooggeregshof vra vir ‘n spesiale kostebevel teen die Zimbabwiese regering nadat ‘n dringende aansoek teen dié boere eensydig van die dringende hofrol verwyder is, sê AfriForum.

Luidens ‘n verklaring sal die versoek vandag (3 Augustus) voorkom, nadat dié land se regering nie aangebied het om die verspilde koste van die boere te betaal nie.

Die aansoek is teruggetrek nadat die Zimbabwiese regering verkeerdelik ‘n dringende aansoek teen die betrokke boere gebring het, omdat hy glo onder die indruk was dat veilings van eiendomme in Kaapstad, wat vir 27 Julie en 10 Augustus geskeduleer was, deur AfriForum en die boere gereël is.

Die boere het wel eerste op die eiendomme beslag gelê, maar die veilings is deur ‘n Duitse bankgroep, aan wie die Zimbabwiese regering ook geld skuld, gereël. Die foutiewe dringende aansoek is teen mnre. Louis Fick, Richard Etheredge en Michael Campbell, Zimbabwiese boere wat deur AfriForum verteenwoordig word, gebring.

Beslaglegging oor uitstaande kostebevele
Die beslaglegging het plaasgevind omdat die Zimbabwiese regering nie kostebevele van ouer as ‘n jaar eerbiedig nie.

Al drie die boere is met geweld van hul plase verjaag en die bejaarde Campbell se gesondheid het ernstig verswak nadat hy twee jaar gelede wreed deur plaasbesetters aangerand is en ernstige hoofbeserings opgedoen het.

Fick word steeds in Zimbabwe vervolg omdat hy glo nie sy samewerking met die grondhervormingsproses gee nie, en sou hy skuldig bevind word, kan hy twee jaar tronkstraf opgelê word.

3 Augustus 2010
 


Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights