Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Kragdiefstal-groot-probleem-landbou

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:7 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 15:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:72%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Kragdiefstal groot probleem in landbou

 
deur ALANI JANEKE

Van die 66% se kragdiefstal wat in 2010 in groter bedrywe plaasgevind het, het 48% daarvan in die landbousektor voorgekom, sê Eskom. Mnr. Richard Roslin, die waarnemende distriksbestuurder vir die Eskom se noordwestelike distrik, sê hulle het bevind dat sindikate op groot skaal landwyd deel is van die misdaad.

Die aankondiging is Dinsdag (17 Mei) op die eerste dag van vanjaar se Nampo-Oesdag gemaak.

Die land verloor jaarliks rondom R4,4 miljard weens kragdiefstal. Kragdiefstal in groter bedrywe – wat ook die vervaardiging- en sakesektore insluit – het verlede jaar op meer as R805 miljoen te staan gekom.

Sindikate

Roslin sê in talle gevalle gebeur dit dat kundiges vir boere sê dat hulle hul kragstelsels kan aanpas om hul kraggebruik te optimaliseer. Boere betaal dan die mense om die aanpassings te doen terwyl die boer in talle gevalle nie weet wat gedoen is en dat dit onwettig is nie. Van daardie mense kan ’n boer tot R3 000 per meter of per punt van diens vra.

“Sommige is elektrisiëns, of kundiges, en, ja, daar is ook van ons personeel. En in sommige van die oudits wat gedoen is, het ons al gevind dat een boer van tussen 10 tot 15 verskillende punte krag ontvang,” vertel Roslin.

Vervolging

Eskom sê as ’n oudit op ‘n boer se plaas gedoen word en daar word bevind dat hy meer krag geberuik as wat op Eskom se stelsels aangedui word, sal ’n formele ondersoek volg. Sou ongerymdhede gevind word, sal bepaal word hoe lank dit al voorkom en hoeveel geld die boer Eskom skuld.

Dié geld sal verhaal word, en die boer kan ook op klagte van bedrog en georganiseerde misdaad vervolg word. Die kragverskaffer kan ook besluit om die kragtoevoer na die boer af te sny.

“As ’n boer na ons toe kom met so ’n situasie, sal ons graag met hom gesels en onderhandel,” sê Roslin.

“Maak dinge moeilik”

Intussen sê mnr. Johannes Möller, voorsitter van Agri SA, hulle het hul samewerking aan Eskom belowe om dié misdaad, soos alle ander, te probeer uitwis. Hulle is tans besig om met Eskom oor die kwessie te gesels om stappe vir die toekoms vas te stel.

“Die individuele boere wat krag steel, word onregverdiglik bo die groot meerderheid wetsgehoorsame boere bevoordeel en moet dus gestop word. Hulle maak dit ook vir ons as ’n organisasie moeilik om na byvoorbeeld Eskom te gaan en te vra vir hulp rondom hoë kragpryse,” sê Möller.

Eskom konsentreer op die Nampo-Oesdag daarop om met veral boeregemeenskappe oor dié kwessie te gesels.

Kyk gerus uit vir meer oor dié onderwerp in Landbouweekblad.

17 Mei 2011
 

3.166665
 
 
  • 1525 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

Eldrick Jordaan 
20 Mei 2011 14:21

Gee vir die boer n rabat vir die krag wat ons vir die werkers verniet gee.

  • antwoord
CDW 
18 Mei 2011 16:44

Al weer die naamlose boere wat geteiken word. As daar dan soveel boere is wat oortree, hoekom doen Evkom dan nie iets daaraan nie? Hulle laat dit toe! Maak 'n naamlys van oortreders met hul oortreding en straf hulle! Moenie almal oor dieselfde kam skeer nie! Die landbou kan darem ook nie verantwoordelik gehou word vir al die land se probleme nie!

  • antwoord
Alani Janeke 
18 Mei 2011 14:59

Goeie dag onbekende besoeker. Eskom het gister aan ons gesê dat die kragdiefstal in residensiële gebiede 34% beloop - en dit sluit townships in. Hulle sê hulle het altyd gedink die grootste deel is in townships totdat oudits begin is. Groete, Alani Janeke.

  • antwoord
Onbekende besoeker 
17 Mei 2011 18:46

Ek is n boer en onskuldig daarby . Ek wonder waarom word die landbou nou uitgesonder as die sondebok . Kan Evkom dalk vir ons se hoeveel krag word in die townships gesteel en hoeveel miljard rand word by Megawattpark se agterdeur uit weggedra .

  • antwoord

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Teenvoeter vir Johne

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Oor die kole
  • Yskoud
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction