|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 15:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 72% |
| Wind: |
Die Nasionale Energiereguleerder (Nersa) het ‘n dokument gepubliseer vir die hersiening van die reëls en regulasies vir doeltreffende kragverbruik en die bestuur van aanvraag, sê die Landboubesigheidskamer (LBK).
Luidens ‘n nuusbrief van die LBK is die eerste dokument vir regulatorise reëls vir die doeltreffende bestuur van energie en energie-aanvraag (EEAB) in 2004 gepubliseer. Die nuwe dokument sal dus die eerste hersiening van die regulasies wees.
Dr. John Purchase, bestuurshoof van die LBK, sê weens die belangrikheid van doeltreffende elektrisiteitverbruik in Suid-Afrika, moedig sy organisasie lede aan om die dokument na te gaan en voorstelle en opmerkings daaroor aan die LBK te stuur. Dit sal via Besigheidseenheid SA (Busa) aan Nersa deurgegee word.
Groot probleem lê vorentoe
Volgens Purchase moet landbou-ondernemings kyk na maniere om hulle kragverbruik meer doeltreffend te bestuur, want tekorte gaan in die toekoms ervaar word. “Die groot aanhef lê vorentoe, na 2012 en 2013 toe. Dan gaan ons probleme hê, want verbruik bly groei en die nuwe steenkoolaangedrewe kragstasies waaraan tans gewerk word, gaan op die vroegste eers in 2014 aanlyn kom.”
Die bedrywe in die landbou wat spesifiek geraak word, sluit die verskaffers en bottelaars van wyn, instansies wat graan opberg, en ondernemings in die sogenaamde koue voedselketting in. “Meer doeltreffende kragverbruik gaan ook ekonomiese voordele vir landbou-ondernemings inhou, aangesien kragpryse gaan styg,” verduidelik Purchase.
Agri SA kyk ook reeds na die dokument en meer doeltreffende kragverbruik van die boere se kant af, sê Purchase. Besproeiingsboere, asook vrugte- en groenteboere sowel as melkprodusente, word die meeste deur kragverbruikkwessies geraak.
Lede van die LBK word gevra om hul opmerkings teen Maandag, 12 Julie, aan die LBK te stuur by lindie@agbiz.co.za. Die dokument kan op die LBK se webtuiste, www.agbiz.co.za besigtig word.
7 Julie 2010
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
ISAKE ESKOM REBAT OP SONGEYSERS.NET TOE DIE PUBLIEK BEGIN VETROUE KRY NA VELE ONDERSOEKE OP NOG MEER SONSTELSELS , TREE DIE STAAT IN EN TRAP DIE NUWE BABA SE LUGPYP TOE.VOORBEELD:ONS BEMARK EN INSTALLEER SONGEYSERS WAT REBAT VAN R7361.00 VIR 150liter STELSEL HET, NOU BEPLAN DIE STAAT OM OUDITEURE WAT DEUR ESKOM AANGESTEL IS OM PROSES TE BESTUUR TE "FIRE" EN OM SELF DIE GOUE EIER WAT DEUR "CARBON PENALTIES" BESKIKBAAR GEMAAK IS ,TE BETUUR ? DIE BEDRAG WORD GLO VERMINDER NA R3000 EN DAN BLYKBAAR R50.00 / MAAND AS SUBSIDIE TE BETAAL VIR VGL 8 JAAR.
DIE REDE HOEKOM DAAR SO MIN SONSTELSELS IN ONS LAND IS OOR DIE AANVANKLIKE HOE UITGAWE.
EK SKILDER WEER DIE PRENTJIE:
150 liter GEYSER MET 18 EVACUATED TUBE PANEEL MET POMP EN TYDREELSKAKELLAARKOS R13450.00 MIN REBAT VAN R7351=R6129.00 WAT JAN PUBLIEK ERNSTIG AAN DIE DINK SIT , DIT IS BINNE BEREIK.HY HOEF NIE VRBAND OP SY HUIS TE LAAT REGISTREER NIE !
HALVEER DIE REBAT........., JAN STEL NIE MEER BELANG NIE (KAN NIE BYKOM NIE) !
GROETNIS
P S (MAAK SOLANK KêRSE BYMEKAAR !)
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)