Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Krisis-kom-later-die-jaar

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:7 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 15:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:72%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Krisis kom later in die jaar

 
CHRIS JOOSTE

Die Regering moet vroegtydig in kennis gestel word dat die eintlike geldelike krisis in die landbou van Mei tot Oktober kan kom as die huidige droogte voortduur. Hy moet nou reeds in kennis gestel word van hulp wat dan nodig gaan wees.


Só het mnr. Andries Jordaan van die departement Landbou-ekonomie van die Universiteit van die Vrystaat op 'n vergadering van Vrystaat Landbou se boerdery- en rampbestuurskomitee met handelsbanke, landbou-ondernemings en staatsdepartemente in Bloemfontein oor die droogte en finansiële implikasies vir boere gesê.


Uit verskeie voorleggings het dit geblyk dat die droogte steeds ernstige implikasies vir die landbou inhou en groot probleme op lang termyn kan veroorsaak.


Mnr. Jordaan het met verskeie boere saamgestem dat boere se kontantvloeiprobleem weens die droogte in September kan lei tot tydelike aflegging van werkers. Daarom moet die Regering nou begin beplan aan hulp vir boere en werkers.


Boere en ander belanghebbendes uit die verskillende streke van die provinsie het verslag gedoen oor die situasie weens die droogte. Die algemene indruk was dat die toestand van weiding vir die winter kommer wek. Dele van die provinsie gaan die winter met vertroue tegemoet, maar in die grootste deel gaan boere probleme met weiding vir hul vee hê.


In 'n voorlegging deur mnr. Johan van den Berg van Enviro Vision en me. Annalie Marais van die Departement van Landbou, blyk dit dat die meeste damme in die Vrystaat minder as 30 % vol is, byna 40 % van die weiveld se toestand onder normaal is en dat sowat 25 % minder koring en 21 % minder mielies geplant is.


Mnr. Derick Holmes, sekretaris van Excelsior se distriksboere-unie, het gesê dié distrik se boere is in dieselfde bootjie as in 1933. Bitter min aanplantings kon gedoen word en hulle het nie kos vir hul vee nie.


Mnr. Hendrik Calitz van Boesmanskop het gesê in sy omgewing is die toestand kritiek. Die veld het ná veldbrande nog nie herstel nie. Dit is bruin, daar is geen groei nie en geen kos vir die vee nie. Die velddamme is ook droog.


Mnr. Jaco Gouws van die rampbestuurskomitee, gemoeid met die kospakkieprojek, het gesê plaaswerker-gesinne in verklaarde droogtehulp-gebiede wat kwalifiseer, gaan einde Maart die eerste van drie kospakkies van R300 elk ontvang. Hulle kry dus hulp van altesame R900.


20 Februarie 2004

0
 
 
  • 1943 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Teenvoeter vir Johne

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Waarheen gaan vleiswinste?
  • Jan se Neute
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction