|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 15:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 72% |
| Wind: |
Die Wes-Kaapse minister van plaaslike regering, mnr. Cobus Dowry, het 'n taakspan aangestel wat vir munisipaliteite in die provinsie riglyne oor eiendomsbelasting op landbougrond moet formuleer.
Hy het op Worcester aangekondig dat die provinsiale regering twee kundiges van die Universiteit van Stellenbosch aangestel het om 'n regverdige, eenvormige en bekostigbare stelsel vir grondbelasting te skep.
Prof. Nick Vink, landbou-ekonoom by die departement landbou-ekonomie, en mnr. Johan Ackron, 'n ekonoom by die skool vir openbare bestuur en beplanning aan dié universiteit, is twee maande tyd gegee om die werk te voltooi.
Mnr. Dowry sê konfrontasies oor belasting op landbougrond kan vermy word as wykskomitees waarby die georganiseerde landbou betrokke is, van die begin af geraadpleeg word in die vasstelling van 'n belastingtarief.
Mnr. Carl Opperman, hoof uitvoerende beampte van Agri Wes-Kaap, het die aanstelling van die taakspan verwelkom en sê sy organisasie sal beslis insette lewer as hy die geleentheid gegee word.
26 September 2003Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24