Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Kwaai-tina-op-oorlogspad

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:7 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 15:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:72%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Kwaai Tina op oorlogspad

 
Deur JOHAN COETSEE

Sy sal alle vorme van die nasionalisering van landbougrond kragdadig teenstaan, het me. Tina Joemat-Petterson op Agri SA se konferensie gesê nadat sy 'n paar mense en die media voor stok gekry het.

Nasionalisering
is nie op die ANC-regering se agenda nie, het Joemat-Petterson, Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, op Agri SA se konferensie op Stellenbosch gesê.

Toe Joemat-Petterson die konferensiegangers toespreek, was dit duidelik dat sy op die oorlogspad was. Haar departement is op die eerste dag van die tweedaagse konferensie erg gekritiseer deur onder meer mnr. Salam Abram, ’n ANC-LP. Hy wou weet hoekom daar feitlik geen afgevaardigdes van die Departement van Landbou by só ’n belangrike konferensie is nie. Hoe sal hulle ooit uitvind wat die werklike probleme is waarmee landbouers worstel? wou hy weet.

Sommige afgevaardiges
Skynbaar het Joemat-Petterson haar mes ingehad vir heelparty afgevaardigdes, waaronder mnr. Atholl Trollip van die DA en selfs mnr. Johannes Möller, voorsitter van Agri SA, asook groepe, soos die media, waaronder sekere beriggewing in Landbouweekblad.

Sy het gesê tydens besprekings later vanjaar sal politiek wel ’n rol speel wanneer moontlike alternatiewe vir die stelsel van gewillige verkoper en gewillige koper van grond bespreek sal word. Tog het sy die georganiseerde landbou en Möller lankal gewaarsku dat dit op die agenda sal wees, maar elke keer as dit ter sprake kom, “spring” almal orent.

Die eerste gedeelte van haar toespraak het glad nie oor die landbou gegaan nie. Veral Trollip het telkemale deurgeloop. Ook die media moes hoor dat kritiek oor haar hoë verblyfrekening tydens die COP 17-beraad oor klimaatsverandering in Durban, asook bespiegelinge “saam met wie sy geslaap het” en “wat sy geëet het”, haar spoed breek omdat sy uitgelewer is aan talle verduidelikings.

Sy het daarna selfs presies aan kongresgangers haar huidige dieet uiteengesit, wat onder andere southappies en springmielies insluit. Later het sy vertel dat sy nie kan praat soos sy wou nie, want Namakwalanders vloek maklik sonder om werklik kwaad te raak.

20 000 ha mielies in ou Transkei
Joemat-Petterson het Trollip en enige belangstellendes genooi om KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap te besoek waar projekte aan die gang is om mense terug te bring na die grond. Duisende mense is reeds só aan ’n goeie bestaan gehelp, maar omdat dit nie “gepopulariseer” word nie, stel min daarin belang. So gaan 20 000 ha mielies in die omgewing van Mtata in die voormalige Transkei in produksie kom.

Voorts het Joemat-Petterson talle voorbeelde uitgewys waarop sy en die Regering reeds uitstekende werk vir die Suid-Afrikaanse landbou in talle wêrelddele gedoen het, waaronder verskeie markte wat geopen is, veral in Afrika. Suid-Afrika is die fokuspunt van landboubedrywighede in Afrika, en talle lande soek spesifiek wit Suid-Afrikaanse boere om hul landbou op dreef te kry.

Talle konferensiegangers het ná die tyd hul verbasing en teleurstelling uitgespreek oor die trant van die minister se toespraak, in teenstelling met die toespraak deur mnr. Trevor Manuel, Minister in die Presidensie, die vorige dag tydens die konferensie, waarin hy die samewerking van die georganiseerde landbou gevra het. Baie het gemeen sy was duidelik daarop uit om die verhoog te gebruik om persoonlike griewe te besweer. 

21 Februarie 2012

1
 
 
  • 1453 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

Onbekende Besoeker 
24 Feb 2012 10:48

Ek dink ons moet nou eens en vir altyd ophou om 'n politieke instrument te maak van die landbou en boerdery in SA en SADC. Onsk kan dit geensins langer bekostig nie! Plaasmoorde en Volsmoord MOET ook nou end-kry. Die regering kan nie aanhou popularisitiese skyn-bewegings maak te koste van ekonomiese en landbou herlewing nie. Dit is uiters onverskillig en totaal onaanvaarbaar. Boere bo! Landbou bo! "Farm Security = Food Security!"

  • antwoord
Onbekende besoeker 
23 Feb 2012 12:45

As ander lande wit Suid-Afrikaanse boere soek hoekom wil SA sy eie boere nie hê nie?

  • antwoord
Onbekende besoeker 
23 Feb 2012 12:44

As ander lande wit Suid-Afrikaanse boere soek hoekom wil SA sy eie boere nie hê nie?

  • antwoord
Onbekende besoeker 
23 Feb 2012 12:35

As ander lande wit Suid-Afrikaanse boere soek hoekom wil SA sy eie boere nie hê nie?

  • antwoord
mkruger
22 Feb 2012 07:37

Moet ons nie miskien begin eerlik wees met mekaar nie ?

Hoeveel grond behoort tans aan die regering ?

Hoeveel grond is vir begunstigdes gekoop en nog nie oorgedra nie ?

Die grond wat aan die "konings" behoort, behoort dit nie eintlik aan die staat nie ?

Die grond waarop die regering 'n "opsie" het en nou braak le. Is dit nie eintlik reeds regeringseiendom nie ?

Solank ons in onsekerheid leef oor wat die regering met die grond(kwessie) gaan doen, is alle grond mos genasionaliseer ?

As die regering nie die "eienaar" van die grond was nie, kon/kan hy mos nie gedoen het wat hy wou daarmee nie ?

Jammer, maar in my oe het ons reeds genasionaliseer.

Die oomblik as die regering ophou om met "ons" plase te maak soos hy wil en die swaard van onteiening nie meer oor ons hang nie, sal ons kan se die grond behoort weer aan die eienaar en nie die regering nie.

Tot dan, in mt oe, is alle grond staatseiendom.

  • antwoord

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Teenvoeter vir Johne

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Weskus Kreef vervolg
  • Wie Regeer?
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction