|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 15:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 72% |
| Wind: |
Die KWV gaan binnekort vir die eerste keer die geleentheid kry om die plaaslike mark te betree en sy handelsmerk hier te vestig.
Op dié organisasie se onlangse wynoesherdenkingsdinee, het die voorsitter, mnr. Danie de Wet, gesê dit sal vir hulle 'n groot voorreg wees om hul produkte aan Suid-Afrikaanse verbruikers te bied.
"Dis 'n goue beginsel in bemarking: Om 'n handelsmerk te vestig en te handhaaf, moet die handelsmerk 'n stewige voet in die plaaslike mark hê.
"Ons toetrede tot die plaaslike mark is die logiese bymekaarkom van die maatskappy se ondervinding in die bou van 'n buitelandse markaandeel, handelsmerk-ontwikkeling en die verbetering van diensvlakke. Ons sal 'n aansienlike belegging in Suid-Afrika hê met premium handelsmerke binne elke kategorie."
De Wet sê die KWV sou graag die plaaslike mark wou betree met Distell as verspreider, maar 'n uitspraak van die Mededingingstribunaal in 2003 maak dit onmoontlik. Daarvolgens word die laaste vasgestelde moontlike datum vir eie plaaslike verspreiding op Julie vanjaar vasgestel.
'n Nuwe afdeling wat verantwoordelik sal wees vir die algemene bestuur, bemarking en belangrike rekeninge, word in Gauteng gevestig. Smollans sal verkope en voorrade hanteer en die TFD sal landwyd versprei. Slegs die operasionele aspekte is uitgekontrakteer aan spesialis-vennote, terwyl die kernbesigheidsaspekte deur KWV Internasionaal hanteer sal word.
"Met ons produkte van gehalte en uitstekende waarde vir geld, asook ons internasionale bemarkingspan, is die tyd reg vir die KWV om uit te brei," het De Wet gesê.
20 Februarie 2004Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24