Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Kwv-kan-verkeerde-hande-beland

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:7 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 15:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:72%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

' KWV kan in verkeerde hande beland'

 
JACQUES CLAASSEN

Kommer bestaan dat die KWV se netto batewaarde groter is as wat aangedui word, dat dit tot 'n vyandige oorname-aanbod kan lei en dat die vangnette onvoldoende is om hom daarteen te beskerm.


Mnr. Danie Joubert van Wellington, wat vir die KWV-direksie 'n bron van irritasie geword het, maan dat wynboere moet sorg dat hulle nie in dieselfde situasie as melkboere beland nie. "Ek wil nie 'n doemprofeet wees nie, maar hoe kan wynboere toelaat dat met hul toekoms gedobbel word?"


Waarnemers buite die KWV-kamp wys daarop dat die suiwel- en die wynbedryf nie vergelykbaar is nie. Die suiwelbedryf het nie 'n Distell gehad nie. Sou die KWV verdwyn, kan Distell wynboere se distilleer- en rabatwyn koop.


Op sy beurt sê die KWV in 'n nuusvrystelling sy huidige netto batewaarde is R2,50 per aandeel. Sedert begin Oktober het sy aandeelprys gestyg van net sowat R1,00 per aandeel tot ongeveer R1,60.


"Daarom kan die KWV 'n teiken vir batestropers wees wat die maatskappy spotgoedkoop wil koop, die bates vir 'n groot wins verkoop en die maatskappy dan likwideer." Wynboere kán dus blootgestel word aan 'n mark sonder enige mededinging, terwyl die minderheidsaandeelhouers nie in die batestroping se opbrengste sal deel nie. Volgens die KWV kan dit die mark tot nadeel van alle deelnemers ontwrig.


Om 'n vyandige oorname-aanbod te probeer fnuik, kry KWV Koöperatief (wat ná die KWV se voorgestelde herstrukturering waarskynlik as Wijngaard bekend sal staan) dus 'n voorwaardelike opsie om die KWV se belangrikste bate, naamlik sy brandewynvoorraad, teen die huidige belastingwaarde te koop.


Dit sal geld indien 'n oorname-aanbod vir die KWV se aandele gemaak word teen minder as 80 % van die maatskappy se heersende netto batewaarde. Wijngaard sal verder die reg hê om dieselfde voorraad teen vervangingswaarde aan die maatskappy terug te verkoop.


Dié vangnet verval ná vier jaar of sodra die voorraad uitverkoop is. Dié opsie sal nie uitgeoefen kan word sodra 'n aanbod teen hoër as 80 % van die netto batewaarde (tans R1,97/aandeel) gemaak word nie.


Mnr. Joubert meen ander wynlande wat rakspasie in oorsese supermarkte verloor het, kan belang stel om die KWV oor te neem om hul eie posisie te verbeter. Boonop sal só 'n oorname gepaardgaan met die verkryging van 'n belang van bykans 20 % in Distell.


Hy sê die KWV se intrinsieke waarde is sowat drie maal meer as wat tans aangedui word. Mnr. Joubert sê die KWV-direksie weier om 'n paar baie belangrike vrae van hom te antwoord.

22 November 2002

0
 
 
  • 1428 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Teenvoeter vir Johne

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Drastiese veranderinge in graanbedryf nodig
  • Draadspanners steel glo wild
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction