Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Kwv-oorgehaal-vir-sake-doen-0

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:7 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 15:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:72%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

KWV oorgehaal vir sake doen

 
Deur AMELIA GENIS

KWV Beperk beplan om waarde te ontsluit deur die beleggingsy van sy operasionele sy te skei en aandeelhouers 'n belang in albei die "nuwe" maatskappye te gee.

Mnr. Thys Loubser, hoof uitvoerende beampte van KWV Bpk., sê die herstrukturering van die maatskappy beteken dat KWV Suid-Afrika, die wynproduksie en -bemarkingsy van KWV Bpk., en die genoteerde beleggingsy, KWV Beleggings, geskei gaan word.

Dit bied 'n geleentheid om op die afsonderlike entiteite te fokus en 'n geleentheid om dié wat gereeld kritiek uitspreek teenoor die groot deel van sy wins wat KWV jaarliks van Distell, 'n mededinger-wynmaatskappy, ontvang, verkeerd te bewys deur sukses te behaal sonder die hulp van Distell.

KWV Beleggings besit 50 % van die aandele in Remgro-KWV Beleggings wat 59,88 % van die aandele in Distell hou. KWV se bates is sowat R2,8 miljard werd. Die helfte daarvan is sy belegging in Distell.

"Ons ontbondel om waarde te ontsluit. Dit gaan net voordele inhou en 'n stimulus aan aandeelhouers verskaf," glo Loubser.

Uitdagende tyd lê voor
Loubser erken daar wag 'n uitdagende tyd op hulle. KWV Beperk het vir jare "gewoond" geraak aan 'n jaarlikse kontant-inspuiting in die vorm van 'n dividend van Distell. In die ses maande tot Desember 2008 was die inkomste uit hul belegging in Distell R192,6 miljoen. Loubser sê hulle besef hulle sal voortaan na die finansiering van KWV moet omsien. "Ons gee (met ontbondeling) 'n enorme bate af wat vir 'n kontantstroom gesorg het, en ons het R90,2 miljoen belê deur nog aandele in KWV Beleggings, en dus Distell, daarin te koop."

Notering op die JSE is een van die bronne van befondsing wat hulle oorweeg, maar dis nie die eerste bron nie. Daar is ander bronne wat hulle eers sal oorweeg, soos byvoorbeeld die verkoop van bates wat nie by hul strategie inpas nie. Loubser sê hulle sal beslis KWV-bates, soos eiendom en hul brandewynvoorraad, met 'n berekende oog oorweeg vir die mate waartoe hulle tot die maatskappy se strategie bydra.

KWV Beperk se finansiële resultate vir die halfjaar geëindig Desember 2008, met die resultate vir die ooreenstemmende tyd in 2007 in hakies, is:

  • Totale bates: R2,8 miljard (R2,9 miljard).
  • Omset: R 441,6 miljoen (R447 miljoen).
  • Bedryfswins: R26,7 miljoen (R40,5 miljoen).
  • Netto kontantvloei uit bedryfsaktiwiteite: R26,3 miljoen (R47,3 miljoen).
  • Inkomste van geassosieerde bedrywe, bv. Distell: R192,6 miljoen (R163 miljoen).
  • Netto wins uit voortgesette aktiwiteite: R196,7 miljoen (R178,8 miljoen).

    31 Maart 2009

0
 
 
  • 1323 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Teenvoeter vir Johne

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • LNR-werkers mor oor 'nuwe direktoraat'
  • Baljaar in die modder!
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction