Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Kwv-twis-die-kollig

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:7 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 15:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:72%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

KWV-twis in die kollig

 
Jacques Claassen

In die wynbedryf is alle oë vandeesweek op KWV Koöperatief Bpk. se jaarvergadering gerig om te sien hoe die direksie die groeiende meningsverskil oor die KWV Groep se voorgenome omvorming gaan hanteer.


Teen druktyd is verwag dat mnr. Danie Joubert, 'n wynboer en een van die KWV se A-aandeelhouers, asook die organisasie Montagu Jongboere alles in die stryd sou werp om besluite oor die KWV se omvorming met drie maande, of selfs langer as 'n jaar, te vertraag. Die Montagu Jongboere het die KWV-direksie verlede week daarvan beskuldig dat hy alternatiewe voorstelle gevra het, maar dit toe geïgnoreer het.


In teenstelling met dié wrywing was die algemene verwagting teen druktyd dat die KWV-direksie en die sogenaamde Groep van Vyf nader aan mekaar beweeg het en dat hulle 'n kompromisvoorstel sou aankondig. Só 'n voorstel sal egter nie vandeesweek tot stemming gebring kan word nie, omdat die Maatskappywet bepaal dat dit 14 dae voor die stemdag gesirkuleer moet word.


Nog 'n verwagting was dat die KWV-direksie die aandeelhouers op die jaarvergadering vra om hom te vertrou om verder met die Groep van Vyf te onderhandel, sodat net een voorstel op die jaarvergadering van die KWV Groep op 27 November kan dien.


'n Verdere moontlikheid was dat die Groep van Vyf by die direksie se voorstel sou inval, in welke geval die voorstel vandeesweek tot stemming gebring sal kan word. Vir die jaarvergadering van die koöperasie is 'n kworum van slegs 66 mense of 66 volmagte nodig, terwyl 'n meerderheid van twee derdes nodig is om een van die omvormingsvoorstelle goed te keur. Om dit op die jaarvergadering van die KWV Groep goedgekeur te kry, word 'n meerderheid van 75 % benodig.


Die Montagu Jongboere het verlede week gesê die spoed waarmee die KWV-direksie alles wil deurdruk, maak hom onrustig.


Die omvorming het ten doel om die KWV Koöperatief van die maatskappy te skei, sodat die maatskappy sy volle potensiaal kan bereik. Wynboere vrees egter dat hulle hul beheer oor die maatskappy sal verloor en dat hulle nie behoorlik daarvoor vergoed sal word nie. Hulle meen ook dat die koöperasie gesond en kragtig moet bly om as produsente-organisasie vir hulle te kan voortbestaan.


1 November 2002
0
 
 
  • 1659 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Teenvoeter vir Johne

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Tussen Viljoenskroon en Potchefstroom
  • Tussen Viljoenskroon en Potchefstroom
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction