Jan Cilliers
16 Oktober 2002

1490 keer gelees | 0 kommentaar

"Eers eie, dan andermanskinders," was die reaksie van mnr. Bully Botma, voorsitter van Graan Suid-Afrika, op die aankondiging van pres. Thabo Mbeki dat Suid-Afrika 100 000 ton mielies aan lande van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) gaan skenk om hongersnood in daardie lande te help be


"Eers eie, dan andermanskinders," was die reaksie van mnr. Bully Botma, voorsitter van Graan Suid-Afrika, op die aankondiging van pres. Thabo Mbeki dat Suid-Afrika 100 000 ton mielies aan lande van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) gaan skenk om hongersnood in daardie lande te help bekamp. Dit sal dit die belastingbetaler minstens R170 miljoen uit die sak jaag.

Volgens mnr. Botma steun Graan SA die beginsel dat honger mense gevoed moet word, "maar nie ten koste van Suid-Afrikaners van wie duisende tans ook brodeloos lewe en 'n ernstige tekort aan kos het nie". Hy het gesê die belastingbetaler se geld behoort eerste gebruik te word om plaaslike hongersnood te verlig.

Ná aanvanklike verwarring oor of dié aanbod werklik deur pres. Mbeki by die leiersberaad van die SAOG gemaak is, het mnr. Bheki Khumalo, pres. Mbeki se woordvoerder, dit bevestig. Volgens hom sal voorkeur aan Suid-Afrikaanse mielies gegee word. Dié mielies sal deur die Verenigde Nasies se Wêreldvoedselprogram versprei word.

Geneties gewysigde mielies wat deur Amerika geskenk is, is deur van die SAOG-lande geweier uit vrees dat die pitte deur inwoners geplant sal word. Hulle het uiteindelik ingestem om die skenkings te ontvang, mits die mielies gemaal word voor dit afgelewer word.

Mnr. Botma het gesê dit lyk of die wêreld se ryk lande nou van Suid-Afrika die ashoop van Afrika wil maak. "Graan SA vind dit vreemd dat die lande wat die skenkings broodnodig het, nie bereid is om dit self in pitvorm te ontvang nie."

Hy het 'n beroep op die Regering gedoen om die voedselhulpaksie deeglik en deursigtig te beplan sodat plaaslike verbruikers nie daardeur benadeel word nie.

Pres. Mbeki het aangebied om dié mielies in Suid-Afrika te laat maal. Mnr. Jannie de Villiers, uitvoerende direkteur van die SA Meulenaarskamer, het bevestig dat lede van die kamer ingewillig het om die mielies te maal. Dit is 600 000 ton mielies waarvan die eerste 60 000 ton in 'n skip in die Durbanse hawe lê.

Hy het gesê die meulenaars gaan die mielies kosteloos maal en sal as vergoeding die byproduk hou wat aan veevoervervaardigers verkoop sal word om die meulenaars se koste te dek.

16 Oktober

Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights