Deur ALANI JANEKE
14 Junie 2011

2274 keer gelees | 0 kommentaar

'n Totale maansverduistering en 'n kopermaan vind Woensdag plaas voor dit eers weer in 2015 sal gebeur.


'n Totale maansverduistering en 'n kopermaan vind Woensdag (15 Junie) plaas voor dit eers weer in 2015 sal gebeur.

Dr. Enrico Olivier, ‘n verteenwoordiger van die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO), sê vanaf 20:20 sal die maan in die aarde se skaduwee inbeweeg en dit sal geleidelik donker word.

“Teen 21:22 sal die maan heeltemal donker wees en die oppervlak van die maan sal ‘n rooierige koperkleur hê. Teen 23:03 sal die maan weer uit die aarde se skaduwee beweeg en stelselmatig weer sigbaar word,” aldus Olivier.

Volgende verduistering

Olivier moedig Suid-Afrikaners aan om nie dié verskynsel mis te loop nie, aangesien die volgende totale maansverduistering eers in September 2015 kan plaasvind. Die vorige volle verduistering was in 2008.

Olivier sê die maan sal koperrooi vertoon omdat baie van die blou lig in die aarde se atmosfeer weens die beweging van die maan verwyder sal word en basies net die rooi lig van die son af op die maan sal skyn.

14 Junie 2011


Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights