Opkomende boere in KwaZulu-Natal wat ook begunstigdes in die grondhervormingsproses is, sukkel om hul lenings aan die Land bank terug te betaal. Sowat 35 van dié boere kan hul grond verloor weens hul groeiende skuld.
Dié provinsie se LUR vir landbou, omgewingsake en landelike ontwikkeling, me. Lydia Johnson, het in haar departement se begrotingsvoorlegging in die Wetgewer gesê hulle sal gehelp word. Die departement voer samesprekings met die Land Bank om dié lenings te herstruktureer, sê sy. Die suikerprodusente Illovo en Tongaat-Hulett is ook by die plan betrokke.
“Dit is ’n groot uitdaging. Dit is algemeen vir begunstigdes om plase in ’n vervalle toestand te ontvang, sonder toerusting en infrastruktuur. Daar is dikwels nie genoeg geld beskikbaar vir hulp ná die afhandeling van eise nie,” sê sy.
30 Julie 2009
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)