|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 15:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 72% |
| Wind: |
’n Melkboer van KwaZulu-Natal het ’n amptenaar van die Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming in Vryheid by sy minister verkla oor magsmisbruik en arrogansie.
Mnr. Horst Hellberg van Hellberg Farms sê in ’n brief aan mnr. Gugile Nkwinti, Minister van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming, die amptenaar se gedrag is ’n klad op die departement se naam en hy vertrou dat die saak aandag sal kry.
Dit blyk dat ene mnr. M. Mthembu onder meer Hellberg gekonfronteer het oor die oprigting van ’n bio-veiligheidsheining en het glo ook die plaas sonder toestemming betree. Toe hy daarop gewys is, het hy na bewering gesê “Ek is ‘n Regeringsamptenaar. Ek kan enige eiendom betree.”
Hellberg sê as voorsitter van Vryheid se Landboukamer ontvang hy talle klagte van lede oor Mthembu se gedrag in die distrik.
12 November 2009
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)