KZN-plaasmoord eis drie lewens

 

Drie mense van die plaas Sherwood Farm buite Mooirivier in KwaZulu-Natal is in ‘n plaasaanval vermoor. Luidens ‘n berig op News24 het die aanvallers die boer se aandag afgetrek deur ‘n brand te stig.

Die eienaar van die plaas se vrou en twee werkers is vermoor in die geskarrel om die brand te blus. Die aanvallers het volgens kol. Jay Naicker, woordvoerder vir die Polisie, te voet op die vlug geslaan.

‘n Polisiehond en offisiere het tot laat Woensdagnag (21 Julie) na die aanvallers gesoek. Boere in die omgewing het ook paaie afgesper om die aanvallers aan te keer. Die KwaZulu-Natalse Landbou-unie (Kwanalu) het sy skok uitgespreek oor die aanval.

Mnr. Koos Marais van dié unie meen die aanvallers wou die plaas beroof, maar is onderbreek. Hy voeg by dat daar reeds 18 plaasaanvalle en drie plaasmoorde in die provinsie voorgekom het vanjaar, die bogenoemde geval uitgesluit. Volgens Naicker is die rede vir die aanval twyfelagtig aangesien niks gesteel is nie.

Bron:
News24.com

22 Julie 2010

0
 
 

Kommentaar

pieter jordaan 

Nou ja die sokker is verby.Lekker vuvuzela geblaas en hand op die blaas gesit EN NOU????? Nou moor hulle maar weer voort en ons is grafstil want anders BOU ONS MOS NIE NASIE nie Nee ons gaan liewer saterdag Soweto toe om in die sjebeens te gaan drink En dan in die week versuip ons in ons eie bloed. Wel gedaan Wel gedaan Dankie fifa en die geldmag

Butchvan Blerk 

Hettie is maar so reg.

Hettie Fourie 

Dit breek my hart as ek daagliks moet lees van plaasmoorde.
Nou wonder ek net asseblief,
WANNEER wil die Boere besef hulle is voëlvry verklaar.
Genade raak paraat!!
Slaap onder julle beddens, laat daar ‘n leer in die badkamer wees om deur die dak te ontsnap, lê hulle voor,… verras hulle vir ‘n verandering...maak beurte om in die kluis te slaap,
Leer by Chuck Norris ?!!.. oorlog is oorlog mense, kry oë agter julle koppe.

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.