Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Laer-pryse-knou-kaap-agri-se-omset

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:7 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 15:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:72%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Laer pryse knou Kaap Agri se omset

 
Dur AMELIA GENIS

Prysverlagings oor ‘n breë front het Kaap Agri se omset in die afgelope finansiële jaar erg geknou in so ‘n mate dat die sterk groei in omset van die vorige twee finansiële jaar nie geëwenaar kon word nie.

Die totale omset van R3,47 miljard is 4,1% hoër as die vorige jaar. Volgens mnr. George Eksteen, voorsitter van Kaap Agri, sou die omset wat behaal is, nie gerealiseer het as die maatskappy “net agteroor gesit en gewag het vir besigheid nie”.

Kaap Agri se besigheidsmodel rus op diversifikasie oor provinsies en buurlande en ses nuwe Pakmarktakke en twee nuwe Liquormarktakke is die afgelope jaar gevestig. Daar word verwag dat die nuwe takke eersdaags ‘n bydrae tot wins sal begin lewer.

“Kaap Agri se verspreiding oor verskeie geografiese gebiede, asook verskeie kommoditeite, beteken dat hy nie net blootgestel is aan een produk of gebied nie. Hierdie diversifikasie versprei risiko wat eie is aan die landbou, wat blootgestel is aan verskeie faktore waaroor die produsente, en dus kliënte, geen beheer het nie. Dit kan ook waargeneem word in die debiteureboek waar geen konsentrasie van groot individuele risiko’s lê nie,” sê Eksteen.

Die volgehoue afname in die mededingendheid en winsgewendheid van koringverbouing in die Wes-Kaap is vir Kaap Agri ‘n groot bron van kommer. In sy voorsittersverslag noem Eksteen dat daar in 2010 18% minder koring geplant is, en die pryse steeds laer is as wat op die duur volhoubaar is.

“Prysbeskerming en subsidies wat in ander lande geld, maak dit al hoe minder mededingend om koring plaaslik te verbou en een derde van binnelandse verbruik word reeds ingevoer. Bestaande heffings wat veronderstel is om voedselsekuriteit te bevorder, is onrealisties laag en lewer geen ondersteuning aan die bedryf nie. Ingevoerde voedsel beteken nie noodwendig goedkoper pryse nie, maar beteken ook ingevoerde arbeid en uitvloei van kapitaal.”

Kaap Agri het ‘n finale dividend van 22 sent per aandeel – dieselfde as die vorige jaar – verklaar. Saam met die tussentydse dividend van 2 sent per aandeel wat vroeër uitbetaal is, is die totale dividend vir die jaar 24 sent per aandeel, of R59 miljoen.

Eksteen sê 5,2% van Kaap Agri se aandele het gedurende die jaar verhandel; wat beskou word as baie likied vir ‘n ongenoteerde aandeel. Die geweegde gemiddelde verhandelingsprys was R7,76 per aandeel, wat 40% hoër is as die vorige jaar.

14 Desember 2010

0
 
 
  • 1119 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

Aandeelhouer 
14 Des 2010 18:15

Wat is Mnr Eksteen se kommentaar oor die ramp wat Kaap Agri, se grootste bate, Pioneer Voedsel getref het? Kaap Agri se deel van die verlies is net ongeveer R 248 miljoen. Lyk my Mnr Eksteen beskou dit as onbelangrik, want hy lewer geen kommentaar daar oor nie.

  • antwoord

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Teenvoeter vir Johne

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Kalf suip nie weens mastitis
  • Sneeu veroorsaak krisis in Oos-Kaap
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction