Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Lancewood-sny-melk-met-70-000-liter

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:7 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 15:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:72%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Lancewood sny melk met 70 000 liter

 
Deur ALANI JANEKE

Lancewood, ‘n suiwelmaatskappy met hoofkantoor in George, het besluit om sy inname vir melk met laer vastetof-inhoud met 70 000 liter per dag sny.

Mnr. Leon Conradie, ‘n onafhanklike raadgewer van dié maatskappy, sê dié besluit geld vanaf 1 Oktober 2010.

Conradie sê weens die oorproduksie in die mark en Lancewood se posisie, moes hy kaasproduksie terugsny en het hul kriteria daarvoor die stap vasgestel. “Ons het besluit om die produksie van melk met laer vastestof-inhoud met tussen 70 000 tot 80 000 liter per dag terug te sny.”

Hy sê weens die ooraanbod is die maatskappy veral nie in staat om dieselfde volume kaas te verkoop nie, en ook nie teen dieselfde prys nie. “Daar is ook boere wat met ‘n ooraanbod kaas sit, wat hulle teen pryse verkoop wat laer is as wat ons sou wou sien.”

Glyskaal is gebruik
Volgens Conradie is ‘n glyskaal gebruik om vas te stel watter melkstalle se produksie te sny.

Die maatskappy het ook onlangs sy produsente in die Tsitsikamma-omgewing in kennis gestel dat die winterpremie wat betaal is, aan die einde van Julie verval. “Dit beteken dat dié produsente dan 25c/liter minder vir hulle melk gaan ontvang. Die winterpremie was egter niks anders as ‘n tydelike reëling met produsente nie.”

Conradie sê die maatskappy het in Junie vanjaar sy pryse aan produsente met 30c/liter verlaag, en dieselfde verlaging is ook vanaf 1 Julie ingestel. Dit beteken ‘n 60c/liter verlaging is ingestel oor twee maande.

MPO beskou dit as ‘jammerlik’
Intussen sê mnr.Dèan Kleynhans, voorsitter van die Melkprodusente-organisasie: “Dit is ‘n jammerlike dag dat dit moes gebeur. En dit is jammer dat die produsente net drie maande kennis kry.”

Volgens Kleynhans word vyf produsente, waarvan vier MPO-lede is, deur dié aankondiging geraak. “Van dié produsente se produksie vind net 25km van Lancewood af plaas, dit is nie eers ver nie. Ja, ons verstaan daar is sakebelange hieragter, maar dit kan tog nie die oorwegende rol in die besluit speel nie?”

“Ons sit met ‘n baie groot probleem as dit die vlak is waartoe sake-etiek in die land gedaal het,” het Kleynhans opgemerk.

Lees ook: Tydbom gaan bars in melkbedryf

5 Julie 2010

0
 
 
  • 1495 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

Onbekende besoeker 
06 Jul 2010 13:00

Nou gaan al die oorskot melk van die Kaap weer na die Noorde gery word en die Noordelike streke se melkprys gaan ook val om die vervoer te subsidueer

  • antwoord
J vd W 
06 Jul 2010 09:57

Hoekom kla die MPO nie die melkverwerkers by die mededinginginskomissie aan nie?

Ek weet nie hoe melkboere selfs tot nou kon oorleef met hierdie boelies nie.

  • antwoord

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Teenvoeter vir Johne

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Perde sukkel met knieë
  • Boereworspasta
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction