|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 15:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 72% |
| Wind: |
Mnr. Wolf Meyer, finansiële hoof van die Land Bank, het bedank en sal die bank op 10 Junie verlaat. Die bank het bevestig dat Meyer ’n “meer mededingende aanbod” by ’n ander instansie aanvaar het. Mnr. Phakamani Hadebe, uitvoerende hoof van die bank, sê Meyer verlaat die bank op goeie voet.
Bedank
“Ek wil graag dank aan Meyer betuig vir die rol wat hy gespeel het om die bank se finansies te stabiliseer, asook vir sy bydrae tot die ongekwalifiseerde oudits wat die Land Bank die afgelope twee jaar ontvang het."
"Meyer laat ’n sterker finansiële span agter en die bank doen tans die nodige stappe om te verseker dat ’n goeie plaasvervanger spoedig gevind word om te verseker dat die nodige kapasiteit in die sake-eenheid behoue bly.”
Meyer was die eerste finansiële hoof wat aangestel is sedert die Tesourie die instansie by die destydse Departement van Landbou en Grondhervorming oorgeneem het.
Betrokke by groot ondersoeke
Meyer was onder meer ten nouste betrokke by die ondersoeke na aangeleenthede rakende foutiewe boetes en rente sedert 2002 tot hede, waaroor Landbouweekblad heelwat berig het die afgelope paar jaar.
Onder sy leiding het die bank heelwat strenger opgetree met die oorweging en afhandeling van sodanige eise en het die Bank sy regsposisie aansienlik verbeter.
“Ek het die suksesvolle afhandeling van die saak oor foutiewe rente as ’n persoonlike uitdaging beskou en dit is jammer dat ek dit nie self sal kan afhandel nie. Die voetwerk is egter grootliks gedoen en dit is ’n bekwame span wat die saak hanteer. Ek glo hulle sal goed regkom sonder my,” sê Meyer.
25 Mei 2011
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)