|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 15:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 72% |
| Wind: |
Die Land Bank het alle regsaksie teen boere wat die rente op hul lenings van die bank bevraagteken, tydelik stopgesit, sê die hoof uitvoerende beampte, mnr. Phakamani Hadebe. In ’n artikel op Fin24.com sê hy 101 kommersiële boere het tussen 2006 en Oktober vanjaar regseise teen die bank ingestel vir sowat R13,6 miljoen oor die rente-kwessie.
Eise van R9 miljoen van 34 boere is reeds afgehandel. Die bank het skikkings aan nog boere gebied, maar dit is nog nie aanvaar nie. Hy sê die rentebetalings van boere wat navraag doen, word hersien en elke saak word individueel oorweeg.
“Die eise word het ontstaan omdat die bank in 1999 sy metode vir die berekening van rente van saamgestelde rente op ’n jaarlikse grondslag tot saamgestelde rente op ’n maandelikse grondslag verander het.”
Bron:
Fin24.com
16 November 2009
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Indien u meer inligting hieromtrent verlang is u welkom om met ons kontak te maak by rudolph@boshoffsmuts.co.za
Ons spesialiiseer in die herberekening en invordering van oorverhaalde bedrae. Moet asseblief nie op Landbank se herberekende syfers skik nie. Dit is na ons mening steeds foutief. Kontak my by 0824544429 of (012) 5676552 of stuur e-pos aan polla1@mweb.co.za
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)