Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Land-bank-wins-skiet-op

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:7 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 15:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:72%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Land Bank-wins skiet op

 
Deur ALANI JANEKE

Die Land Bank se wins van R354 miljoen is R200 miljoen hoër as in die vorige boekjaar. Die bank het vir die tweede opeenvolgende jaar ‘n ongekwalifiseerde ouditverslag ontvang.

Volgens die bank se verslag vir die 2009/’10 boekjaar het sy totale wins van R145 miljoen in die 2008/’09 boekjaar tot R354 miljoen gestyg.

Mnr. Wolf Meyer, die hoof finansiële beampte, sê die wins van die versekeringsafdeling het van ‘n verlies van R74 miljoen in die vorige jaar tot R162 miljoen gestyg. Winste by die bankwese-afdeling het egter gedaal van R220 miljoen tot R193 miljoen.

“Nog op medikasie”
Mnr. Pakamani Hadebe, die hoof uitvoerende beampte, sê hoewel hy baie trots is op die groei wat die bank die afgelope 18 maande getoon het, is alles nog nie op standaard nie.

“Net nadat die Minister my aangestel het, het hy gesê die bank se toestand is só kritiek, dis in die intensiewe eenheid van die hospitaal. Ná die eerste finansiële verslag het ons na ‘n gewone saal geskuif. Nou is ons ontslaan, maar ons is steeds op medikasie,” sê Hadebe.

Die bank se mandaat bepaal dat hy die Regering se pogings om toegang tot grond te verbeter, moet ondersteun. Verdere doelwitte is om opkomende boere te ondersteun en landelike ontwikkeling te bevoordeel. Hadebe erken dat die bank tans nie op dié terreine presteer nie.

“Dit is van kritieke belang dat die bank aan dié doelwitte voldoen en aan ons kredietwaardigheid bou, want die bank se geskiedenis het sy beeld skade berokken. Ons het aan ons kredietwaardigheid gebou die afgelope 18 maande, en ek dink ons kan daarop trots wees.”

Ondersoeke by die bank
Hadebe sê hoewel die verskeie ondersoeke na onreëlmatighede en korrupsie by die bank vorder, is dit ‘n tydsame proses. Die SA Polisiediens verwag glo om binnekort nóg arrestasies te maak.

‘n Ondersoek na 210 bankrekeninge waarbinne onreëlmatighede voorgekom het gaan nog ‘n paar maande duur, en Hadebe sê die ondersoek na forensiese elektronika sloer. “Ons kyk tans na prosesse om die ondersoek te versnel.”

Hy sê die ondersoeke na die elektroniese oorbetaling van geld in amptenare se rekeninge bring groot uitdagings mee. “Witboordjie-misdaad kan nie so maklik opgelos word soos die steel van ‘n item in ‘n winkel nie. Dit is baie frustrerend want hoewel mens die spoor kan volg van hoe geld in bankrekenings oorbetaal is, sê die regsverteenwoordigers dit is nie voldoende bewyse nie. Ons sal baie bly wees as dié mense wat geld gesteel het - wat vir gewone Suid-Afrikaners aangewend moes word - agter tralies sit!”

Hadebe is 18 maande gelede as die agtste hoof uitvoerende beampte in drie jaar by die bank aangestel. Hy sê met sy aanstelling was sowat 530 werknemers in die bank se diens waarvan hy 40 afgedank het weens onreëlmatighede. “Meeste van dié was uitvoerende beamptes. Die bank het sedertdien nege nuwe uitvoerende beamptes aangestel.”

Hadebe is hoopvol dat die bank sal herstel. “Ons sal net onsself kan blameer as ons onsuksesvol is!”

19 Augustus 2010

0
 
 
  • 1180 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Teenvoeter vir Johne

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Kwanalu bekommerd oor grondplanne
  • Nuwe lewe in mielieprys
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction