Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Landbou-afrika-uiteindelik-erken

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:7 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 15:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:72%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Landbou in Afrika ‘uiteindelik erken’

 
Deur NICO VAN BURICK

Ten einde laaste begin lande in Afrika die landbou sy regmatige plek in die son gee, sê mnr. Paul Runge, ’n konsultant vir ondernemings wat in Afrika wil belê.

Runge het op die landbounetwerk-organisasie Agrifica se konferensie oor landbousakebedrywighede in Afrika gesê die talle groot landbouprojekte wat in Afrika suid van die Sahara aan die gang is en die talle uitnodigings aan Suid-Afrikaanse boere om hulle te hervestig, bewys dat regerings ernstig raak oor landbou-ontwikkeling.

“Daar is ongetwyfeld ’n prolandbou-sentiment, maar dit is ongelukkig nie al wat nodig is nie. Die belangrikste aspek is die implementering van projekte.”

Finansiering benodig

Runge, wie se onderneming 80 maatskappye in Afrika bystaan, sê die twee belangrikste faktore om Afrika-projekte in suksesvolle saketransaksies te omskep, is finansiering en logistiek.

“ ’n Projek sonder geld bly net ’n stuk papier. Wat my kwel, is die gebrek aan kennis in Suid-Afrika, en veral binne die landbou, oor die ontwikkelingsfinansiering wat wel beskikbaar is.

"Die skerp styging in internasionale pryse van landbou-kommoditeite veroorsaak dat die hele wêreld in Afrika wil belê. Soms wil dit voorkom of Suid-Afrikaners verkies om net op die kantlyn te staan en kyk. Ons as Suid-Afrikaners sal met mekaar moet begin praat en ons kennis uitruil.”

Beleid kwel

Mnr. Rod Gravelet-Blondin, senior hoofbestuurder van Safex, het gesê die JSE se landbouafdeling stel baie belang om in Afrika betrokke te raak, maar een van die groot struikelblokke is die gebrek aan beleid wat prysrisiko bekamp.

“Dit beteken nie elke land in Afrika hoef sy eie mark vir afgeleide instrumente te hê nie, maar die landbou in Afrika moet toegang hê tot instellings waarmee prysrisiko’s bestuur kan word.”

2 Augustus 2011

0
 
 
  • 729 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Teenvoeter vir Johne

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Landbou: Stiefkind in begroting
  • Landbou-handves dringend nodig - Sunter
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction