Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Landbou-gerat-vir-mbeki-gesprek

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:7 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 15:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:72%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Landbou gerat vir Mbeki-gesprek

 
Deur JEAN-MARIE DE WAAL

Eerder verenig as verdeeld. Dít is glo hoe pres. Thabo Mbeki in Mei met rolspelers in die landbou wil vergader.

In 'n poging om uit een mond te praat, is netelige kwessies in die landbou gister (19 Maart) tussen me. Lulu Xingwana, Minister van Landbou en Grondsake, Agri SA, Nafu, die TLU SA, die Landboubesigheidskamer en ander rolspelers in dié sektor deurtrap.

Op 20 Mei vergader die presidensiële werkgroep oor die landbou in Pretoria en die rolspelers móét om een tafel kan sit.

Mnr. Hans van der Merwe, hoof-uitvoerende beampte van Agri SA, sê die vergadering is gekenmerk deur vurige, maar gesonde en openlike debat. "Dit is uiters belangrik dat 'n soort konsensus bereik word voordat ons met die president vergader. Die kwessies in die landbou moet beslis meer inklusief behandel word," meen hy.

Van die belangrikste besprekingspunte het oor die staat se Grond- en Landbouhervormingsprogram, Larp, gegaan. 'n Besluit is geneem om in Junie 'n nasionale werksessie hieroor te hou sodat alle rolspelers in die landbou kan sien wat werklik van hulle verwag word. Die Larp is die hoeksteen van die Regering se pogings om grondhervorming te versnel. Die program loop tot die einde van 2009 wanneer die staat vyf miljoen ha aan sowat 10 000 plaasbewoners wil oordra.

Verder is die hersiening van die sektorplan vir die landbou bespreek met besondere klem oor of dit inpas binne die raamwerk wat vir Larp gestel word.

Ondernemings is gemaak om 'n beter tariefbedeling vir die landbou te beding. Die direkteurs-generaal, mnre. Masiphula Mbongwa (Landbou) en mnr. Tshediso Matona (Handel en Nywerheid) het reeds dié memorandum opgestel en onderteken. Daar word gehoop dat dit mettertyd deur die Kabinet aanvaar sal word. In die dokument word die afname in die belegging in die landbou uitgelig en kwelpunte rondom die striemende faktore wat uitbreiding in die landbou onmoontlik maak.

Die adviesraad, wat voorgestel is ná mnr. Dirk du Toit, Adjunkminister van Landbou, se omstrede uitlatings oor uitsettings verlede jaar is ook bespreek. Riglyne is op die tafel geplaas, maar ooreenstemming kon nog nie bereik word oor presies wat die liggaam moet doen nie en hoe dit saamgestel moet word nie.

Ook is probleme rondom watergehalte vir boerderye bespreek. 'n Ooreenkoms is bereik om geteikende optrede aan te moedig, maar terselfdertyd die plaaslike landbou se beeld in erns te probeer beskerm veral in die lig van sensitiewe uitvoermarkte.

Krag, pad- en spoorvervoer is uitgelig. Dit is besluit dat daar gekyk moet word hoe dié kwessies binne die oorhoofse beplanning van die sektorplan behandel kan word.

Xingwana sóék verder na antwoorde vir die stygende voedselpryse, maar sy het te kenne gegee dat die Regering baie versigtig is om in die prysmeganismes in te meng.

Die verbrokkeling van die vertroue in die Land Bank het ook aandag geniet.

Kommer is ook deur die georganiseerde landbou geopper dat die finale dokument oor swart ekonomiese bemagtiging in die landbou, soos deur Xingwana gewysig is, en pas deur haar eweknie in die departement van handel en nywerheid, mnr. Mandisi Mpahlwa, onderteken is, nie weer deur rolspelers besigtig is nie.

Na verwagting gaan die hersiening van die sektorplan en veiligheid en sekuriteit in die landbou voorrang geniet wanneer later met Mbeki vergader word.

20 Maart 2008

0
 
 
  • 2559 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Teenvoeter vir Johne

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Teenvoeter vir Johne
  • Sensus-syfers vertel baie
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction