Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Landbou-kry-12

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:7 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 15:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:72%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Landbou kry 12

 
ISABEL STOLTZ

Die georganiseerde landbou het die bykomende droogtehulp van R250 miljoen verwelkom wat verlede week deur die Kabinet aangekondig is. Belanghebbendes is egter teleurgesteld dat die landbou met die minste tevrede moet wees. Die landbou staan agter in die ry van departemente wat vir dié droogtehulp in aanmerking kom.


Die landbou kry R30 miljoen (12 %) van die totale bedrag, hoofsaaklik vir voeraankope vir vee. 'n Totaal van R125 miljoen is toegeken vir watervoorsiening aan mense en diere waar dit nodig is, R60 miljoen gaan na maatskaplike ontwikkeling vir kosvoorsiening aan behoeftiges en R35 miljoen gaan na die Departement van Gesondheid om te help in die bestryding van siektes, soos cholera, wat weens die droogte 'n gevaar is.


'n Bykomende R500 miljoen is, onderhewig aan hersiening, vir die komende twee finansiële jare opsy gesit, sê mnr. Xolani Xundu, woordvoerder van die Departement van Provinsiale en Plaaslike Regering wat ramphulp koördineer.


Lede van die Kabinet is bekommerd oor die komende winter omdat die getal mense wat hulp nodig het waarskynlik gaan toeneem. Dit is in berekening gebring by die bedrag van R500 miljoen vir hulp in die volgende twee finansiële jare.


Dit geld hulp vir voedselvoorsiening, sowel as mense wat gevaar staan om hul werk weens die droogte te verloor.


Volgens Xundu sal dié geld ook gebruik word om vroeë waarskuwingsvermoë te ontwikkel wat veral volhoubare landbouherstel sal verseker om afhanklikheid van hulp op lang termyn te vermy.


'n Goeie balans in die verdeling van geld vir droogtehulp is nodig om te verhoed dat die kommersiële landbou dink dat hy nie op die steun van die Regering kan staatmaak nie, sê mnr. Japie Grobler, voorsitter van Agri SA.


Mnr. Paul van der Walt, voorsitter van die TLU SA, sê die ekonomie van die landbou moet na behore in ag geneem word om dit te help om te oorleef.


"Die nood in die landbou is groot en daar moet seker gemaak word dat die geld daar gebruik sal word waar dit die beste vir die hele land sal wees en nie net om sosiaal-ekonomiese probleme op te los nie. As die landbou gehelp word, word die hele ekonomie gehelp."


  • Die bykomende droogtehulp is beskikbaar gestel nadat Pres. Thabo Mbeki vroeër sekere gebiede in ses provinsies as rampgebiede verklaar het. Provinsies wat geraak word, is KwaZulu-Natal, die Oos-Kaap, Mpumalanga, Noordwes, die Vrystaat en die Noord-Kaap. Limpopo is vroeër as rampgebied verklaar en Taung in Noordwes is as rampgebied verklaar weens donderstorms wat skade aangerig het. Altesame R250 miljoen is in Oktober verlede jaar vir droogtehulp toegeken.
  • 30 Januarie 2004

    0
     
     
    • 1268 keer gelees

    Geborgde skakels


    Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

    Kwaliteit Saad

    Die toekoms is in jou land

    In lyn met die boer

    MSD Animal Health

    Our brand new website

    Daaglikse nuusbrief

    Weeklikse nuusbrief

    Teken In

    • Registreer as gebruiker
    • Wagwoord vergeet?

    E-pos forum

    • Waarom is boere so stil?
    • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
    • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
    • Boom Lusern en siektes
    • Nekklamp vir beeste
    meer...

    Gewildste stories

    Vandag

    • Gids vir identifikasie van vee
    • Teenvoeter vir Johne

    Immergroen stories

    • RSS-voere
    • E-pos foto's aan ons

    Pas gelees

    • Namibië nog 'n Zim?
    • Is navorsing 'n belegging vir die toekoms?
    • Wie is ons?
    • Kontak ons
    • Gebruiksvoorwaardes
    • SMS-diens
    • RSS-voere
    • Teken in op LBW
    • LBW-argiewe
    • Vennote

    Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

    Web Development by FormFunction