Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Landbou-organisasies-wil-zim-boere-help

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:7 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 15:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:72%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Landbou-organisasies wil Zim-boere help

 
Nico van Burick en Jan Cilliers

Mnr. Jack Raath, uitvoerende direkteur van Agri SA, het 'n beroep op dié organisasie se affiliasies gedoen om uit te reik na die boerderygemeenskap in Zimbabwe. Hy het daarop gewys dat die boerderygemeenskap van Zimbabwe tans deur 'n krisistydperk gaan. "Enige samewerking en betrokkenheid by hierdie aangeleentheid en op hierdie tyd is in belang van Suid- en Suider-Afrika."


Volgens mnr. Raath het hy 'n donker prentjie na vore gekoop in 'n opvolggesprek met mnr. David Hasluck, direkteur van die Commercial Farmers' Union (CFU) in Zimbabwe.
Kragtens die kennisgewing wat boere ontvang het om binne 90 dae hul plase te verlaat, beteken dit dat hulle teen 8 Augustus van hul grond moet af wees. Tot 3 000 boere sal dan hul plase moet verlaat. Dit is 85 % van die kommersiële boere.

Die Transvaalse Landbou-unie (TLU) het Agri Noordwes en Vrystaat Landbou se voorbeeld gevolg en ook bekend gemaak dat hy besig is met 'n omvattende opname oor beskikbare huisvesting op plase sodat hulp aan Zimbabwe-boere aangebied kan word.


Mnr. Tertius Theron, streekbestuurder van die TLU-Noord, sê deur dié opname wil hulle graag Zimbabwe-boere help wat gedwing word om hul plase te verlaat en oorweeg om na Suid-Afrika te kom.


Agri Noordwes het boere sonder 'n heenkome genooi om hul besonderhede aan te stuur. Volgens mnr. Willie Auret, uitvoerende hoofbestuurder is daar reeds bemoedigende aanbiedinge van hulp en verblyf.


Vrystaat Landbou het in 'n verklaring 'n beroep op sy lede gedoen om ook simpatiek teenoor Zimbabwe-boere te staan. Mnr. Kiewiet Ferreira, voorsitter, het gewys op dié boere se kundigheid en ervaring wat tot die sukses en vooruitgang van landbou in Afrika kan strek. Hy het 'n beroep op die Suid-Afrikaanse Regering gedoen om in te gryp in die chaos en verwoesting in Zimbabwe.


Me. Jan Wentworth, administratiewe beampte van die Zimbabwiese boerevereniging, tree as kontakpersoon op om lede van die unie se behoeftes aan en aanbiedinge ten opsigte van alternatiewe boerdery- of werksgeleenthede in Suid-Afrika te koördineer. Alle aanbiedinge moet regstreeks aan haar gerig word. Haar adres is P.O. Box WGT 390, Westgate, Harare en haar telefoonnommer 092 63 430 9800.26 Julie 2002
0
 
 
  • 1668 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Teenvoeter vir Johne

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • SA boere besoek Libië
  • Jimmy, die renosterwesie
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction