Deur LUCILLE BOTHA
23 Mei 2012

688 keer gelees | 1 kommentaar

Private fondse uit eie bodem sal waarskynlik gebruik moet word om die toekoms van die landbou te finansier.


Private fondse uit eie bodem sal waarskynlik gebruik moet word om die toekoms van die landbou te finansier.

Mnr. Jan van Zyl, hoof van landboubemarking by FNB, sê hoewel die toekoms van die landbou rooskleurig lyk, kan die bedryf nie staatmaak op regeringsfinansiering of internasionale beleggers nie.

“Die Regering se heil lê baie ver van die boere af,” het hy Woensdag (23 Mei 2012) op Agri Wes-Kaap se Jongboerkonferensie naby Durbanville gesê.
Ook vir internasionale beleggers is daar ’n keuse van beleggingsmoontlikhede wat op die oog af gunstiger lyk.

Volgens Van Zyl is ’n groot deel van die wêreld se beskikbare landbougrond in die ou Oosbloklande geleë. “Die voormalige Sowjetunie is baie nader aan die groot markte as ons in Afrika suid van die Sahara,” het hy gesê.

Hy is egter optimisties oor die toekoms van die landbou in Suid-Afrika. As in ag geneem word dat 20% van die land se boere vir 80% van die landbouproduksie verantwoordelik is, sit sowat 8 000 boere aan die begin van ’n waardeketting wat sowat R432 miljard in die land se ekonomie pomp.

“Kan ons dan bekostig om met die landbou te lol?” het Van Zyl gevra.
Hy het die moontlikheid van ’n tweede ekonomiese resessie van die tafel gevee.

“Al is die toekoms van die Eurosone nog onseker, skakel ons die moontlikheid as gevolg van Amerika se goeie ekonomiese prestasie. Amerika se groei (bruto binnelandse produksie) bly positief terwyl Japan en die Eurosone s’n af gaan. Amerika se werkloosheid neem ook af.”

23 Mei 2012


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Butch van blerk

2012/05/23 04:20:18 PM

Landbou behoort homself te kan finansier - solank net nie van Landbou verwag word om vir wanbestuur en korrupsie oral rondom hom langer op te dok nie

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights