Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Landbou-sentraal-nuwe-groeiplan

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:7 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 15:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:72%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Landbou sentraal in nuwe groeiplan

 
Deur JOYLENE VAN WYK

Die ontwikkeling van die landbousektor is sentraal in die land se nuwe ekonomiese groeiplan, wat beteken dat daar nou meer geld in die sektor gestoot gaan word.

Die Regering wil die ekonomiese potensiaal van ses sektore ontsluit met die ontwikkeling van infrastruktuur as hoof-prioriteit, waarin die vervoerstelsel, energie, water, kommunikasie en behuising onder meer aandag sal kry. Die landbousektor is die tweede mees belangrike sektor waarna gekyk sal word.

Daar sal veral na die waardeketting, met fokus op die uitbreiding van plaasuitsette, werkskepping en landbouverwerking, gekyk word. Verder sal die mynbou, die groen ekonomie, die vervaardigingsektor en toerisme aandag geniet.

Die groeiplan dien as die basis vir die gekoördineerde beleide en programme regoor alle dienste van die staat. Die hoop is om vyf miljoen werkposte in die volgende 10 jaar te skep om die land se werkloosheidsyfer van 25% na 15% te verminder.

Wat sê Tina?
Me. Tina Joemat-Pettersson, Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, het gesê die landbou kan nie in ‘n vakuum transformeer nie. Sy meen transformasie moet binne dié van die land en die ekonomiese sektor as ‘n geheel plaasvind.

“Die sektor moet getransformeer word met die kennis hoe die eindprentjie gaan lyk. Ons (Kabinet) het konsensus bereik om die ontwikkeling van die landbousektor by die kern van die groeiplan van die land te plaas.”

Die departement se sektorplan is onlangs voltooi. Sowat 99% van die belanghebbendes in die landbousektor is tevrede met dié plan, wat as die basis dien vir die sektor se toekomstige transformasie.

Joemat-Pettersson het aangedui dat hulle reeds vir die ekonomiese groeiplan aangedui het hoeveel poste en kleinboere geskep kan word. “Wat positief is van die Kabinet se aanduiding is dat geld op die ontwikkeling van infrastruktuur as eerste prioriteit, en die landbou as tweede prioriteit, bestee sal word.”

Departemente moet nou ‘n reeks planne vir die toepassing van die groeiplan voorlê aan die Kabinet oor die volgende ses maande, met aandag aan die kritieke gebiede waarop die groeiplan fokus. Wanneer die dokument afgehandel is en in die Parlement ter tafel gelê is, sal die Parlement se portefeuljekomitee vir landbou, bosbou en visserye dit ook breedvoerig bespreek.

27 Oktober 2010

0
 
 
  • 1206 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

Saaiboer 
27 Okt 2010 13:58

Sien is glo.

  • antwoord

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Teenvoeter vir Johne

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Watersake benodig ondersoek-kommissie
  • Vordering met wapenlisensies
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction