Landbouforum vir Noordwes

 

‘n Landbouforum gaan in Noordwes deur die LUR vir landbou gestig word om knelpunte in dié bedryf doelgerig te hanteer.

Die Dagbestuur van die Wesstreek van die TLU SA het die nuut aangestelde LUR vir landbou in die Noordwes-provinsie, mnr. Boitumelo Tshwene, vir samesprekings ontmoet.

Mnr. Wilhelm Rochèr, streekvoorsitter van die Wesstreek sê die ontmoeting was in opvolging van `n memorandum van die TLU SA se standpunte wat aan die LUR oorhandig is.


Volgens Rochèr is die volgende sake in diepte bespreek.

Veediefstal en plaasveiligheid.

 Ongegronde haatspraak teen blanke boere deur Cosatu.

Onregmatige prospektering vir minerale op produktiewe landbougrond.

Besoedelde waterbronne se impak op voedselproduksie.

Voedselsekuriteit.

Finansiering vir jong boere.

Die LUR sê hy beplan die daarstel van `n landbouforum vir gesprekvoering tussen die georganiseerde landbou, die provinsiale regering, die georganiseerde arbeid en plaaslike regerings met die doel om knellende landbouvraagstukke in die provinsie doelgerig aan te spreek.

Rochèr sê die TLU SA ondersteun die vorming van so `n Forum in beginsel en vertrou dat dit die basis sal vorm vir beter en nouer samewerking tussen die onderskeie rolspelers.

17 Julie 2009

3.5
 
 

Kommentaar

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.