Deur ALANI JANEKE
19 April 2010

6294 keer gelees | 13 kommentaar

Ná klagtes oor agteruitgang by die Landboukollege Potchefstroom het landbou.com gaan ondersoek instel en op ‘n verwaarloosde kampus afgekom.


Ná klagtes oor agteruitgang by die Landboukollege Potchefstroom het landbou.com gaan ondersoek instel en op ‘n verwaarloosde kampus afgekom.

Die Noordwes Departement van Landbou, Omgewingsake, Landelike- en Omgewingsontwikkeling het onlangs aan landbou.com inligting verskaf dat alles in orde is by dié landboukollege.

‘n Besoek aan dié kollege het egter die teendeel bewys. Mnr. Marlo van Niekerk, voorsitter van AfriForum Jeug op die kampus, het verskeie probleme uitgewys.

Volgens die departement word die koshuise op die kampus weekliks skoongemaak, en is die verblyf van ‘n hoë standaard. ‘n Ondersoek blyk dat dié verblyf onder meer nie aan veiligheidstandaarde voldoen nie.

Kyk na foto's van die kollege se toestand.

Oxford-koshuis
Oxford-koshuis, die koshuis wat spesifiek vir senior studente bedoel is, het volgens Van Niekerk die meeste verval. Verskeie plafonne het groot gate in weens lekkende waterpype wat nie herstel word nie, wat tot gevolg het dat die plafonne nat word en inmekaar tuimel. Een student was glo in sy kamer toe die plafon ingegee het. Hy het nie beserings opgedoen nie.

Landbou.com kon net een brandslang in dié koshuis opspoor, maar dit is onseker of dié brandslang in ‘n werkende toestand is nie. Geen brandblussers kon gevind word nie, hoewel verskeie borde en kaste wat brandblussers aandui, sigbaar is.

Volgens die departement word die koshuise weekliks skoongemaak, maar baie van die badkamers in dié koshuis word nie meer gebruik nie, aangesien dit baie vuil is. Van die badkamers is in so ‘n swak toestand dat, wanneer studente stort, water deur die dreine opstoot en in die koshuis se gange afloop. Volgens Van Niekerk het verskeie studente al dié koshuis verlaat en verblyf in die dorp gaan soek.

Lees ook: Landboukollege ontken klagtes

Onveilige verblyf
‘n Ander koshuis op die kampus se deure kan nie sluit nie, aangesien die glasdeure stukkend is en die slotte uitgebreek is. Veiligheidshekke is voor die deure opgerig en word volgens Van Niekerk in die aand gesluit vir veiligheid. “Ons eiendom word gereeld uit ons kamers uit gesteel, want hier is nie eintlik iets wat iemand uithou nie,” vertel hy.

Gehalte van kos
Die eetsaal op die kampus is netjies, maar Van Niekerk sê hulle is nie tevrede met die kos waarvoor hulle bykans ‘n R1 000 per maand betaal nie. “Ons het al vier gevalle gehad waar kakkerlakke op die skinkborde rondgehardloop of in die kos was,” vertel hy.

Volgens mnr. Abri Wepener, ook ‘n student, het hy en een van die senior studente al ernstige voedselvergiftiging opgedoen weens die kos. Van Niekerk sê studente kry gereelde pap, stampmielies en lae gehalte vleis om te eet.

“Hulle koop die laagste graad vleis wat hulle kan. En as ‘n ‘treat’ gee hulle partykeer vir jou witboord, polonie en slaptjips. Ons kry miskien een keer per week groente en ons het in die eerste week van Maart dié jaar laas vrugte gekry.”

Die departement het onlangs aan landbou.com gesê dat kos van ‘n hoë gehalte aan die studente voorsien word en dat die spyskaart met behulp van die studente raad en ‘n dieetkundige opgestel is.

Lees ook: Geen kos by Potch Landboukollege

Wanbestuur
Volgens Van Niekerk het AfriForum Jeug ‘n skrywe aan die kollege gerig om te vra dat mnr. Serage Dippepeneneng, hoof van die kollege, weens wanbestuur uit sy pos moet bedank. Hy sê studente ondervind ook probleme om Afrikaanse notas vir hulle vakke te kry, en een van die dosente weier ook om klasse in Afrikaanse en Engels aan te bied.

Intussen is 'n formele klag oor die kollegehoof by die departement ingedien.

Die landboudepartement sê hy is nie bewus van die skrywe nie, en sê die situasie rondom die notas is reeds afgehandel. Van Niekerk kon egter nie sy notas aan landbou.com wys nie, want hy sê hy het dit nog nie ontvang nie.

‘n Algemene vergadering word glo dié week op die kampus gehou.

19 April 2010
 


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


jaqueline seymore

2011/04/20 01:13:49 PM

die pampoen boere is soos n family vir my my pa werk tans by hulle vir n lang tyd, en ek mut se hy geniet sy werk want dt is sy passie.hou aan om als goed te dun soos ek meeste van my pa se kolegas ken.dakie jackie


Boegoe Klopper

2011/04/05 10:25:34 PM

Ek was ook 'n student by Glen buite Bloemfontein en dit is skokkend om die eens pragtige kampus so pateties en verwaarloos te sien. Ek het in 2005 my kinders gaan wys waar ek studeer het, groot was my ontnugtering. Ek het stilweg die trane afgevee toe ek daar uitry om nooit weer terug te keer nie.


jaen van der walt

2010/09/10 01:36:00 PM

By Landboukollege Glen in die Vrystaat gaan dit al vir jare so aan. `n Goed ontwikkelde landbou opleidings instansie wat net bokant die standaard van `n informele nedersetting is. Als moet mos getransformeer en vervreem word, want dis apartheid se skuld. Apartheid is reinheid en dissipline. Die ander kultuur wil wetteloos wees en als politiseer.


Chris Goosen

2010/07/11 03:35:00 PM

Dit is baie hart seer om in potch te kom ek weet nou hoekom. Ek was self student daar en toe was die PAMPOENBOERE baas!!!! wat het van ons trotse plek geword??


Onbekende besoeker

2010/05/10 12:15:58 AM

Dit is n skande dat die mooiste lanbou kollege in die land so lyk!! ek het self daar studeer en kan dit nie glo....


Dr M Jordaan

2010/05/06 08:47:13 AM

Dit is die resultaat van die regering wat sedert 1995 die opinie gehad het dat 'n hoof van so 'n instelling nie 'n landboukundige hoef te wees nie net 'n goeie bestuurder1


Deon Hoon Oudstudent 74 75

2010/05/02 09:27:00 PM

Dit is `n skande Transagric het wonderlike boere vir die land help kweek. In my verwysingsraamwerk weerspieel die plek die soort bestuur waaronder hy is. Ons het altyd met trots by daardie hek in gery Die weer-gebou wat julle daar sien is veronderstel om `n geskiedkundige gebou te wees. Wys jou wat weet sekere mense van opbou af. Studente en ouers gaan koerante Agri Sa en TLU toe. Maak dit warm vir die mense. Ons het ook `n reg op goeie opleiding.


louw van der westhuizen

2010/05/01 09:58:00 AM

Dit is pateties, ek is n oud student die koshuise was oor gedoen in my tyd toe was hul vrek mooi!!!!!!Ek het n paar jaar terug daar gaan kyk toe loop ek deur vuilgoed wat jeup hoogte staan voor die Alex Holm saal, het naar geword want vensters was stukkend, kon van buite af deur stukkende venster, stukkende plafon en dak die blou lug sien om nie eers te praat van die stukkende houtvloer nie..


Onbekende besoeker

2010/04/28 10:50:09 PM

Ek sal graag wil hoor wat Afriforum is oor die toestande by ander landboukolleges?


Marloe Van Niekerk

2010/04/28 12:02:15 AM

dit is nie net so malkik om al die goed net self tedoen nie ons is tog hier om teswot nie herstel werk tedoen nie , het al self die badkamers skoon gemaak maar dan se hulle ons mag nie want hulle het werkers voorsien ens ,hulle het n rede vir als . mens kan nie net jou geld trug hou nie want dan kry jy niks nie hier is mense hier wat daai bietjie wat hulle kry nodig het !


barend

2010/04/26 06:34:00 PM

Dis net nog 'n voorbeeld wat regstellende aksie aan 'n plek kan doen, onbevoegde persone word vir die pos aanvaar. Van n bron is daar gehoor dat swart studente verniet daar woon. Ek wonder of die mense die skuld weereens vir apartheid gaan gee, dis mos so gerieflik. Die beste sal wees as die kollege in private hande kan kom. Dis baie hartseer om te sien dat die Pampoene amper nie eens meer bestaan in Potch nie.


Onbekende besoeker

2010/04/19 02:26:10 PM

Ek kan nie glo wat ek sien nie!! My vraag is net waar is die goed soos brandslange ens heen... Wie het dit verwyder? En hoekom spring die manne self in en maak die badkamers ens skoon nie??? Hulle moet dan maar net hulle koshuis gelde verminder omdat hulle self moet skoonmaak. En hou jou R1000 en gaan koop jou eie kos!! Dit sal darem die lewe bietjie meer draaglik maak!


Daantjie

2010/04/19 01:51:35 PM

As oud student kan ek nie my oe glo nie. Dit was eens 'n wonderlike plek.......waar gaan dit eindig?

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights