22 Mei 2012

711 keer gelees | 0 kommentaar

Die Landboukollege Potchefstroom, wat in die nuus is oor beweerde swak bestuur, is verras deur ’n besoek van die nuwe LUR vir Landbou.


Die Landboukollege Potchefstroom, wat gereeld in die nuus is oor beweerde swak bestuur, is verras deur ’n besoek van me. Desbo Mohono, die nuwe LUR vir landbou en landelike ontwikkeling in Noordwes.

Mohono het Maandag (21 Mei 2012) dié kollege sowel as die Landboukollege Taung besoek kort voor eerste- en tweedejaar-studente hul onderskeie eerste- en derdesemester-eksamens begin aflê.

Luidens ’n verklaring het Mohono studente aangemoedig om hard te leer sodat hulle hul diplomas kan verwerf. “Die sektor het opgeleide en hardwerkende landboukundiges nodig wat enige landboukwessie kan hanteer.”

Sy sê die departement het ook ’n verantwoordelikheid om jong werkendes, wat deel vorm van ’n groep studente wat goed gevaar het, aan te stel. 

Die Landboukollege Potchefstroom is die afgelope twee jaar gereeld in die nuus oor beweerde swak bestuur en verval by dié instansie. Volgens die verklaring het Mohono niks oor die bewerings en bekommernisse van die studente gesê nie.

Regstappe
Mnr. Ian Cameron, verteenwoordiger vir AfriForum Jeug by die kollege, sê van die studente by die kollege sê Mohono het opgemerk hoe “mooi” die kollegegebou en geriewe lyk.

’n Onafhanklike gesondheids- en veiligheidsinspekteur het egter in opdrag van die organisasie die kollege sowat twee maande gelede besoek en ’n verslag oor onvoldoende veiligheid en gesondheidstoestande aan die kollegebestuur oorhandig.

“Ek self was ’n week gelede op die kampus, en daar was steeds riool wat teen een van die koshuise se mure afgeloop het,” vertel Cameron.

Cameron sê hulle het intussen ’n brief aan die kollegebestuur gerig oor die opknapping en instandhouding van die kollege, maar nog geen terugvoering is ontvang nie. Die organisasie sê hy sal tot Maandag (28 Mei 2012) wag vir terugvoering van die kollegebestuur. As geen terugvoering ontvang word nie, sal die organisasie voortgaan om sy opsies ten opsigte van regstappe te bestudeer.

22 Mei 2012
 


Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights