Deur MARIEKE SNYMAN
29 September 2009

2010 keer gelees | 0 kommentaar

Dis amper weer tyd vir stadsjapies en plaasjapies om bymekaar te kom by die Landboukorrels-boeredag in Cullinan.


Radio Pretoria se Landboukorrels-boeredag vind vanjaar op 9 Oktober op die Cullinan Boere-unieterrein plaas.  Dié boeredag is oorspronklik deur mnr. Willem Thomson, wat Radio Pretoria se landbouprogram voor sy dood aangebied het, begin. 

Mnr. Henk van de Graaf, die TLU SA se assisent-hoofbestuurder van kommunikasie, meen sedert hy en me. Annemarie Joubert, van Radio Pretoria, die program voortgesit het, het die boeredag nog groter geword. Die fokus van die boeredag is op die kleiner boere wat byvoorbeeld op hoewes boer. 

Daar sal ook meer as genoeg pitkos vir die kommersiële boer wees.  "Daar word ook gepoog om stadsjapies op die dag nader aan die plaasjapies gebring," het Van de Graaf gesê.
 
Van die onderwerpe wat bespreek gaan word:
 

  • Kan 'n mens met 50 varke boer?

  • Hoe verkoop ek nou my kaas?

  • Gesonde gras,

  • Gesonde grond, en

  • Waarna kyk jy as jy 'n bees koop?

 
Die koste is R150 per persoon of R200 per egpaar.  'n Ete word daarby ingesluit.  Bespreek by Lynette, tel. 012 804 8031.  Bel Annemarie by 083 252 9779, Wannie by 083 442 5414 of Henri by 082 552 9428 vir meer inligting.

29 September 2009


Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights