|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 15:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 72% |
| Wind: |
Die TLU SA het boere in die omgewing van Cullinan en Kameeldrift naby Pretoria gewaarsku om tydens die feestyd baie paraat te wees vir plaasaanvalle. Dít volg na mnr. Louis Meintjes, ondervoorsitter van die die TLU SA, en sy vrou, Erika, slagoffers van die tweede plaasaanval vandeesweek in dié omgewing was.
Luidens ‘n berig in Beeld is Mnr. Renier Lamprecht, die eienaar van ‘n kleinhoewe in die Kameeldrift-omgewing, gisteroggend dood na hy tydens ‘n rooftog glo geskiet is. Dit was na bewering die tweede keer wat Lamprecht tydens so ‘n voorval die afgelope drie jaar geskiet is.
Meintjes sê hy het Maandagnag omstreeks 23:30 wakker geword toe drie mans hulle sitkamervenster gebreek en die huis binnegekom het. Hul kamer word deur veiligheidshekke van die res van die huis geskei, en dus kon die verdagtes nie by hulle uitkom nie.
Hy sê terwyl hy die mans in die gang dopgehou het, het sy vrou in die badkamer oor die tweerigtingradio hulle bure van die voorval in kennis gestel. Die mans het haar glo gehoor en op Meintjes begin skiet.
Volgens Meintjes het hy drie skote afgevuur, en een van die verdagtes is gewond. “Ons het die volgende oggend bloed op die voorstoep gekry. Ons het ‘n bloedspoor van sowat twee kilometer gevolg, maar niks gekry nie”.
Meintjes sê die verdagtes het verskeie items op die toneel agtergelaat, en die Suid-Afrikaanse Polisiediens het ‘n paar leidrade wat hulle opvolg.
Toename in misdaad
Meintjes is baie bekommerd oor die hoë vlak van misdaad wat die afgelope twee maande in die omgewing voorkom. “Daar is die afgelope twee, drie maande elke aand iewers ingebreek en gesteel in die omgewing. Ons vermoed dis groepe wat van huis na huis beweeg en steel”.
Hy raai boere aan om paraat te wees, en hulself voor te berei op moontlike aanvalle. “Jy moenie onseker wees oor wat jy gaan doen as die situasie homself voordoen nie. Jy moet so ‘n scenario in jou kop skep en stap vir stap bepaal en besluit wat jy gaan doen as julle aangeval word. Sorg ook dat daar waar jy slaap, jou huis; dat dit ‘n kokon, ‘n veilige basis vir jou en jou gesin is”.
Meintjes meen die misdaad in die omgewing behoort na die feestyd weer af te neem.
Intussen is nog ‘n boer dié week in Limpopo in ‘n plaasaanval dood. Mnr. Pieter Snyman, die bestuurder van die plaas Balmoral naby Vivo, is glo dood na hy deur vier mans buite sy huis aangerand is.
Sy vrou en twee dogters is binne die huis aangehou en ook aangerand. Hulle het nie ernstige beserings opgedoen nie.
23 Desember 2009
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Oplossing vir kontant rooftogte op plase!
Doen aansoek vir Statusmoney prepaid credit card.Dit is 'n kontant kaart met al die fubksies van 'n krediet kaart. Betaal werkers lone direk in hul eie kaart met behulp van selfoon of internet bank dienste.Kaarte kan gebruik word by enige OTM of Easypay punte.Geen "swipe" kostes,maandelikse kaart fooi van R15-00. Die volgende transaksies kan ook met die kaart gedoen word: brandstof aankope, lug tyd en prepaid elektrisiteit. Vir verdere inligting kan u my kontak op bogenoemde e-pos. Groete Rudolph
Ik volg de Africaanse kranten en het lijkt er inderdaad op dat het een voor opgezet plan is om alle boeren te verjagen uit Z.A
Beveilig je huis goed schiet eerst als ze je huis open breken want dan is wel duidelijk wat ze komen doen
Sterkte voor 2010 vanuit een redelijk veilig Europa
Skande hoe ons suid afrikaner net moet aanvaar dat die swart vel ras ons land oorneem! So n prag land wie se ekonomie sterker was as Amerika en nou oppad ZIM toe is.Ek is self n volbloed Afrikaner wat in NZ boer, vir die eenvoudige rede om al die elke daagse moorde,stres en al die ander SA redes te vermei! Sou wat gee om weer terug te gaan,maar sien nie kaans om my lewe op die lyn te sit terwyl ek kos voorsien aan rowers,moordenaars en misdadegers. Ek sal baklei vir my land die dag as die boere saam staan!
Ons het so pas aangesluit by n organisasie in VSA waar ons skuil, om almal te waarsku om selfmoord te voorkom en weg te bly uit SA. Die sokker-ding is maar van korte duur en nie die moeite werd om met jou lewe te dobbel nie. As Zuma iets goed wil doen en dinge dadelik stopsit, moet hy slegs sy Arabierse vriende nooi om hom te leer hoe om boewe te sraf. BRING DIE DOODSTRAF TERUG outa, en die moorde sal afneem, kap hande en voete en piepies af, en die res van die misdaad sal afneem. So nie, alle wit boere, vlug NOU terwyl daar nog kans is...of trek ten minste almal Kaap toe. Sien op Amazon.com die boek, Flee, the Beloved Country deur Dr. Pieter Erens Barkhuizen en hoe hy verwys na die wenresep van Dr, H.F Verwoerd!
Dit s dieselfde met die Gun Free South Africa. Poging om die blankes te ontwapen. Nou moor hulle die blankes ook in kolle uit. As on eerlik moet wees, as daar nou 'n burger oorlog moet uitbreek, wie is die beste opgely en bewapen. Suid Afrika is nog die beste land te wereld as ons net van die ongewenste pogings kan onstlae raak
Kan ons nie ook ,soos die polisie, n skiet eers en vra dan [wie is daar ]reg kry nie of is dit maar reg so dat ons op plase aangeval word. Ons is baie meer bloot gestel as enige ander burger van die land.Ons kan ook nie onskuldige mense skiet nie want om in die nag by jou plaas te kom , is net om moelikheid te maak.
Dit is nou somer goeie werk van mnr Louise meintjies dink ek al manier hoe ons die plaasmoorde gaan stop is as die boere begin hulle wapens dra.Ek wil graag weet as iemand my kan antwoord, hulle se daar word 2 boere n dag vermoor.Ek wil weet as die boere vir n maand hulle wapens dra en wakker is wat die statestieke dan sal se.Rowers teiken boere want hulle weet daar is geld en wapens.Ek dink dus tyd dat die boere saam staan en hulle slapgatheid laat staan ek meen ons kan ook seker tooi tooi as ons wil iets he die hele land kry dit dan reg.En rowers kom in pakkies van 3 tot 4 skiet net n paar en hulle gaan besef ons is hier om te bly.Ek doen n beroep op al die suid afrikaners boere om julle te bewapen en waaksaam te wees ek is trots om n boer te wees en as ons oupas teen 25 000 kon staan by bloedrivier en 45000 boere teen 450 000 britte en hulle was op hulle kniee dan kan ons die stryd ook wen.
Ek stem honderd persent saam, maak alles bekend aan die buiteland, dit is baie belangrik, die buitelande is onder 'n vals indruk wat in daardie land aangaan, ons bly in die buiteland en ons versprei die woord oral waar ons gaan. Dit is 'n skande hoe hulle die boere daar doodmaak en ek laat my nie vertel hulle doen dit om goed te steel nie, want soos ek al gesê het as hulle wil steel hoekom breek hulle nie in as die mense nie by die huis is nie, en as jy goed wil steel hoekom gaan breek jy nie by die winkels in nie, dit is 'n ge-organiseerde ding die, 'n stille oorlog en die regering is bewus daarvan.
Ek stem saam, vlek dit wat gebeur oop in alle media en wys fotos en skryf die waarheid in al die landstale wat wereld wyd aanvaar word en kom ons kyk wat gebeur met die toerisme bedryf! of wag ons maar ook net soos Zim??
Daar is n koverte veldtog van tereur/volksmoord teen Europeers onder die dekmantel van misdaad in Suidelike Afrika aan die gang die syfers en modesoperandi spreuk tog vanself .Kom nou Mr die Redakteur en Joernalis waar is u vryheids van spraak begeerte nou ? Nooi tog enige kenner van FBI of Scottland yard om vir u hierdie tendens te verduidelik as u dan insig en lyding nodig het.
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)