|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 15:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 72% |
| Wind: |
Landbouweekblad se nuwe mobi-werf is op die lug. Belangstellendes kan op landbou.mobi rondsnuffel vir die nuutste landbounuus en -inligting, weervoorspellings, Safex- en aandeelpryse, resepte, raad van kundiges en vele meer.
Wat is ‘n mobi-werf?
‘n Mobi-werf is ‘n selfoonwebwerf wat spesiaal geskep is om op selfone van alle soorte gelees te word. Dit is gewoonlik ligter en eenvoudiger as ‘n gewone webwerf, wat ook die aflaaityd vinniger en die gebruik daarvan makliker maak.
Wen met landbou.mobi
’n Kompetisie op landbou.mobi bied deelnemers die geleentheid om ’n GPS-toestel of kis Veritas-wyn los te slaan.
Skryf só in: SMS die woord “landbou” na 37503 en ontvang ’n SMS met die skakel na landbou.mobi. Die SMS kos 50 sent. Gebruik die selfoon om die skakel oop te maak en registreer as ’n gebruiker.
Die tweede stap is om, nadat die deelnemer geregistreer het en ’n kort profiel geskep het, ’n vriend na landbou.mobi te verwys deur die “vertel ’n vriend”-funksie op die mobi-werf te gebruik. Sy/haar vriend moet ook registreer om in aanmerking te kom vir ’n prys.
Kom loer gerus in by Landbouweekblad se stalletjie op die Nampo-Oesdag vanaf 18 tot 21 Mei vir meer inligting.
7 Mei 2010
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Ek lees selfs die .mobi blad hier in Buenos Aires en ek moet sê dat dit baie makliker is op my selfoon se kleiner skerm.
Geluk met hierdie idee!
Hou baie daarvan - altyd by www.landbou.com gelees met my selfoon
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)