|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 15:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 72% |
| Wind: |
Jong mense wat in die landbou belang stel sal steun van die nasionale jeugdiens vir die landbou-program ontvang, sê me. Tina Joemat-Pettersson, Minister van Landbou, Bosbou en Visserye.
Dié diens het ’n begroting van sowat R22 miljoen en beoog om die jeug aan die praktiese kant van die landbou-, bosbou- en visbedryf bloot te stel.
Joemat-Pettersson sê dit is uiters belangrik om die jeug deel van die ekonomie te maak en dit sal deur middel van beurse, mentorskappe en programme vir interns gedoen word.
Sowat 290 jong mense sal beurse ontvang om vaardighede te bemeester en 183 gegradueerdes sal as interns in verskeie bedrywe dien. Nog 265 jong mense sal by mentorskap-projekte met induksieprogramme baat vind. Die minister sê uitdagings, soos ’n tekort aan geleenthede en vaardighede asook siekte en honger staar Suid-Afrika se jeug in die gesig.
Bron:
Allafrica
18 Junie 2009
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Waar kan ek meer uitvind hieroor ?
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)