Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Landwye-staking-knou-vrugte-uitvoer

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:7 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 15:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:72%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Landwye staking knou vrugte-uitvoer

 

Die landwye staking van Transnet-werkers het ‘n definitiewe impak op veral vrugte-uitvoere, sê die georganiseerde landbou in die Wes-Kaap in ‘n nuusverklaring deur Agri Wes-Kaap.

Hoewel die uitvoer van druiwe en steenvrugte tot ‘n einde gekom het, is daar steeds groot hoeveelhede kernvrugte wat vir spesifieke uitvoerprogramme aan oorsese kliënte gelewer moet word. Die sitrusseisoen het ook reeds begin en die staking kan nadelige gevolge vir hierdie twee vrugtegroepe beteken.

Volgens mnr. Anton Rabe, uitvoerende direkteur van Hortgro Dienste kan die onderbreking in die sagtevrugte-uitvoere potensiële langtermyn gevolge hê met oorsese kopers. Suid-Afrikaanse uitvoerders moes reeds self inspring om seker te maak dat dié vrugte in die koelhouers op die Kaapse hawe onder die regte temperature geberg word.

Suid-Afrika loop ook die gevaar dat voorsieningsprogramme deur ander lande oorgeneem kan word indien die staking baie langer sloer.

Vrugkwaliteit bly
“Die vertragings behoort gelukkig geen uitwerking op die vrugkwaliteit van appels en pere te hê nie, omdat die opbergvermoë van kernvrugte baie goed is, veral as daar seker gemaak word dat die vrugte onder die regte temperature geberg word,” sê mnr. sê Jacques du Preez, produkbestuurder: kern en steenvrugte by Hortgro Dienste.

‘n Groot bekommernis is die ongunstige uitwerking wat die staking op inkomste kan hê en ook die toename in koste vir skeepsrederye wat op die oomblik in die hawe lê en wag om die produkte te laai. Suid-Afrika loop ook gevaar om sy beeld as bestendige, betroubare verskaffer van vrugte en ander landbouprodukte te skend.

Volgens die statistiek van die NPA (National Ports Authority), is daar gedurende Mei verlede jaar een honderd agt en negentig duisend vier honderd drie en negentig (198 493) metrieke ton vrag in die Kaapstad hawe hanteer, waarvan sestig duisend twee honderd vyf en dertig (60 235) ton uitvoere was.

“Die tydsberekening is baie sleg”, sê mnr. Carl Opperman, hoof-uitvoerende beampte van Agri Wes-Kaap. “Wanneer die staking tot ‘n einde kom, gaan daar ‘n geweldige opeenhoping in onder andere die hawe wees en dít op die vooraand van die sokkerwêreldbeker” Produsente kan ook inkomste verloor indien kopers besluit om hul vrugte van ander kompeterende lande te koop. 

17 Mei 2010

5
 
 
  • 1795 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Teenvoeter vir Johne

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Varkpes woed voort
  • Invoertariewe op kos dalk op
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction