|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 15:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 72% |
| Wind: |
Die Johannesburgse Aandelebeurs (JSE) se afdeling vir Kommoditeits-afgeleide Instrumente bied ‘n regstreekse webinar oor sojabone, -meel en -olie aan.
Dié webinar bied die geleentheid vir belangstellendes om aanlyn te registreer en via ‘n webwerf deel te neem aan dié aanbieding, in plaas daarvan om die JSE te besoek.
Mnr. David Lehman, ‘n verteenwoordiger van die Chicago Board of Trade (CBOT) (‘n afdeling van die CME Groep), sal vanuit Chicago by die webinar aansluit as genooide spreker. Hy is ‘n kenner van die sojamark en sal insig gee rakende die soja kompleks se verhandeling op die CBOT, onder andere faktore soos vraag en aanbod en die verskillende komponente van die soja kompleks.
Daarna sal die JSE ‘n opsomming van die CBOT Soja (bone, meel en olie) kontrakspefikasies gee wat van toepassing is op die plaaslike kontrak. Daarna kom die finale kontantskikkingsproses aan die beurt en hoe die CBOT verhandelingsdata doeltreffende skikking in Suid-Afrikaanse rand moontlik maak.
Die webinar is Maandag, 2 Augustus van 14:00 tot 15:00.
Om te registreer besoek www.jse.co.za/soybeanwebinar, of skakel +27 11 520 7535 of stuur ‘n epos aan commodities@jse.co.za
26 Julie 2010
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)