|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 15:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 72% |
| Wind: |
Diere van gehalte is aangebied op die veiling van Renlo-Limousins van mnr. Hennie Viljoen en genooide verkoper mnr. Nico Lategan op Edenville.
Renlo D Inga 1, 'n stoetbul van die Renlo-kudde, teen R36 000 aan mnr. Coenie Hennig van Meyerton verkoop. Die naashoogste prys was R28 000 vir die bul Renlo F Pompey 7 wat mnr. Andries Van Zyl van Tosca betaal het.
Die hoogste prys van R12 500 vir 'n dragtige vers, Renlo P Eileen 6, is deur die Wilzak-Trust van Standerton betaal.
Mnr. Viljoen se geregistreerde kudde het die volgende gemiddelde pryse behaal: Dragtige verse R6 773 stuk, oop verse R5 100 stuk en bulle R13 882 stuk. Kommersiële koeie het gemiddeld R4 091 stuk behaal, oop verse gemiddeld R3 000 stuk en 'n Tulim-bul het R10 000 behaal.
Mnr. Lategan se kommersiële verse het gemiddeld R3 800 stuk behaal.
Die veiling is onder beskerming van die Limousin-beestelersgenootskap Roderick en Martin aangebied.
9 Mei 2003Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24