|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 16:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 63% |
| Wind: |
Die staat het Donderdag (2 Junie) sy saak teen die ses vermeende moordenaars van die Potgieter-gesin afgesluit. Luidens ’n berig op Nuus24.com is die staat se saak met getuienis van ao. Danie Bierman, die ondersoekbeampte, en kruisondervraging van die ses verdagtes afgehandel.
Die ses mans staan tereg op verskeie aanklagte, waaronder die moord op mnr. Attie Potgieter, sy vrou, Wilna, en hul tweejarige dogter, Willemien.
Deelname ontken
Mnr. Lawrence Tshabalala, wat optree namens mnr. Klaas Mofokeng, beskuldigde nommer twee, het aan Bierman gevra of hy sy volle samewerking aan die polisie gegee het. Hy’t verder aangevoer dat Mofokeng gaan ontken dat hy enige deelname aan die moordkomplot gehad het.
Volgens Bierman het Mofokeng ’n week voor die aanval plaasgevind het reeds daarvan geweet.
Getuienis in die guns van mnr. Stemmer Mofokeng, beskuldigde nommer een, het ook begin. Volgens Stemmer het mnr. Paulos Khumalo, beskuldigde nommer drie, hom ’n paar maande voor die aanval besoek en daaroor gepraat.
Volgens Stemmer het hy ook die dag van die aanval gesien hoe die mans na die Potgieters se huis loop, en later hoe Potgieter op die werf gehardloop het met een van die verdagtes wat hom met ’n panga jaag.
Hy het ook gesien hoe Potgieter met dié man gestoei het, en hoe nog ’n verdagte tydens die struweling Potgieter met “iets wat soos mes gelyk het” van agter gesteek het.
Die verhoor gaan steeds voort.
Bron: Nuus24.com
2 Junie 2011
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)