|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 16:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 63% |
| Wind: |
Die vakbonde by die Landbounavorsingsraad (LNR) kry tans 'n regsmening ná die hoofbestuur van die LNR steeds nog geen uitsluitsel wou gee oor salarisverhogings vir vanjaar nie.
Volgens mnr. Chris Kaempffer, 'n vakbondleier, weier die bestuur van die LNR om aan hul versoeke te voldoen. Een dispuutvergadering is verlede week gehou waarna ooreengekom is om vier dae later weer een te hou. Dié vergadering is deur die bestuur per e-pos afgelas, omdat dit te naby die vorige vergadering was en ál die sake nie betyds aangespreek kon word nie.
Volgens mnr. Kaempffer het die vakbonde versoek dat dr. Nthoana Tau-Mzamane, voorsitter van die LNR, se vergoedingspakket aan hulle bekend gemaak word. Dit is geweier, hoewel hulle aanvoer dit is 'n openbare aanstelling en hulle geregtig is om te weet wat haar pakket behels.
Mnr. Kaempffer het daarop gewys dat verlede jaar met die bestuur ooreengekom is dat LNR-werknemers jaarliks vir die volgende vyf jaar 'n verhoging van minstens agt persent sal kry, maar daar het vanjaar nog niks van gekom nie. 'n Staking van LNR-werkers is steeds nie uitgesluit nie.
Junie 2002Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24