14 Februarie 2009

3890 keer gelees | 0 kommentaar

Plaaswerkers se minimum lone is met 13% verhoog, maar Agri SA bevraagteken die wetenskaplikheid van die metode om by dié syfer uit te kom.


Plaaswerkers se minimum lone is met 13% verhoog, maar Agri SA bevraagteken die wetenskaplikheid van die metode om by dié syfer uit te kom.

Agri SA sê in 'n nuusverklaring hy het aan die Diensvoorwaardekommissie aanbeveel dat die gemiddelde VPIX vir 'n bepaalde jaar, plus 'n verdere aanpassing vir voedselprys-inflasie, as basis vir die berekening van minimum lone gebruik word.

Verder is aanbeveel dat 'n plafon van 10% per jaar hierop geplaas word, wat, gegewe die Reserwebank se inflasiemikpunte van 3% tot 6%, ruimte sou laat om 'n ekstra verhoging gerig op voedselprysstygings te absorbeer.

Mnr. Anton Rabe, voorsitter van die Arbeid- en Sosialebeleidskomitee van Agri SA, sê dat dit ruimte sou kon laat vir meer egalige aanpassings in die driejaar-tydperk, waarvolgens minimumlone normaalweg vasgestel word.

Volgens Rabe het die advies wat die Minister van Arbeid van sy adviseurs ontvang het, duidelik hiervan afgewyk in die sin dat 'n inflasiekoers vir 'n bepaalde maand (November 2008) wat van die hoogste was vir die betrokke jaar, skynbaar gebruik is om die minimum lone vir 2009/'10 verhoog, vanaf R1090,00 tot R1231,70 per maand, 'n styging gelyk aan 13%.

"Die vraag wat ons graag beantwoord sal wou sien, is of die Minister elke jaar in die toekoms dieselfde metodiek gaan volg en daarom 'n betrokke maand in die voorafgaande jaar, waartydens 'n hoë inflasiekoers aangeteken is, gaan gebruik en of dit gebaseer sal word op die gemiddelde inflasiekoers vir 'n betrokke jaar wat meer korrek sal wees. Dit is nie slegs 'n tegniese vraag nie maar een gebore uit 'n behoefte om die wetenskaplikheid van aanpassings in hierdie verband te kan verantwoord asook die feit dat dit sou gelei het tot 'n meer realistiese aanpassing vanjaar", sê Rabe.

Die Minister het aangedui dat 'n plaaswerker wat tussen die ouderdom van 15 en 18 jaar is en wat vir 35 ure of minder per week werk, ten minste die uurlikse loon van R6,31 betaal moet word.

Terwyl Agri SA en boere op grondvlak dit belangrik ag dat plaaswerkers se inkomste en lewensomstandighede moemoet aanhou verbeter, moet hierdie verhoging gesien word teen die agtergrond van 'n globale ekonomiese krisis waarvan Suid-Afrika en die plaaslike landboubedryf nie kan ontsnap nie.

15 Februarie 2009

Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights