Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Lood-wildsvleis-gevaarlik

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 16:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:63%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Lood in wildsvleis is gevaarlik

 
deur ANDRIES GOUWS

Lood van verbrokkelde koeëls in wild kan mense en diere vergiftig. Daar bestaan veral kommer oor die stygende getal aasvoëls wat in die jongste tyd aan loodvergiftiging gevrek het.

In ’n verklaring deur Ezemvelo Wildlewe skryf dr. Ian Rushworth, een van die onderneming se ekoloë, dat die vrektes waarskynlik toegeskryf kan word aan die stukkies lood van verbrokkelde geweerkoeëls wat die voëls ingekry het. Hy doen ’n ernstige beroep op boere en almal wat by jag betrokke is, om te verseker dele van wildkarkasse met koeëlstukke word nie in die veld gelaat waar aasvoëls dit maklik kan bykom nie.

Nuwe navorsing in Amerika wys dat mense ook ernstig geraak kan word as hulle sulke stukkies lood saam met die vleis inkry. Die gevaar wat lood vir mense inhou, is sedert die tyd van die Romeinse Ryk bekend, maar die nuutste navorsing dui daarop dat lae blootstelling daaraan, wat tot nou toe as onbeduidend afgemaak is, mense weliswaar erg kan benadeel.

Dit sluit in die verstandelike en gedragsbenadeling van kinders wat selfs al deur ongebore babas in die baarmoeder  opgedoen kan word. Ouer mense se motoriese funksies kan gestrem word en dit kan aanleiding gee tot nier- en hartsiektes en kanker.

In die toetse is besmette vleis na verskillende verwerkers gebring en die verwerkte produk is aan varke gevoer. Die loodinhoud van die bloed van varke wat van die  vleis gevreet het, het tot 2,3 mikrogram per desiliter gestyg binne twee dae nadat hulle dit ingekry het.

Dit was aansienlik hoër as die 0,6 mikrogram per desiliter van die varke wat skoon wildvleis gekry het. “Ons vertolk dié uitslae as ’n duidelike bewys dat mense ook loodvergiftiging op dié manier kan opdoen, sê mnr. Grainger Hunt, leier van die ondersoek.

Die wond waar die koeël die dier getref het, moet deeglik met koeël en al uitgesny word en waar die dier met ’n kopskoot platgetrek is, moet die kop verwyder en versteek of begrawe word. Of die maklikste is om loodvrye koeëls te gebruik, lui die verklaring.

12 April 2011

4
 
 
  • 1150 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Teenvoeter vir Johne

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Groot brandskade in O-Kaap
  • Ford Ranger is 'n bielie
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction