|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 16:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 63% |
| Wind: |
Boere moet markte vooruitloop en veronderstelde gebeure in hul boerderye skep om risiko’s te kan hanteer in tye wat dit slegter gaan, het dr. Johan Willemse, landbou-ekonoom, op die Avi Afrika-kongres van die SA Pluimveevereniging (SAPV) naby Johannesburg gesê.
Met produksiekoste, soos voer- en oliepryse, wat bly styg, moet boere vooraf besluit hoe dit die onderneming gaan raak as die produk se prys daal of deur ’n krisis getref word en watter regstellings gedoen moet word om te oorleef.
“Markte is nie nou ’n gemaklike plek om in te wees nie. Sake kan vinnig verkeerd loop. U moet weet hoe die onderneming oor vier tot vyf jaar kan lyk.”
Willemse sê dit is nie nodig om pessimisties te raak nie, maar mense moet kennis neem van wêreldgebeure wat hul ondernemings raak. “Ons onderskat die ekonomiese krisis en wat in wêreldmarkte gebeur.”
Onstabiliteit
Hy verwag dat die ekonomie nog in die volgende vyf jaar vir onstabiliteit sal sorg. Drie faktore gaan risiko’s vir ondernemings verhoog, naamlik batepryse wat terugval, onwettige handel en korrupsie wat lande onstabiel maak en die voedsel-energie-kwessie.
Die mark vir vleis bly groei vanweë ’n stygende vraag uit opkomende lande.
Dit lyk nie of dit gou tot ’n end sal kom nie. Vee het voer nodig en die mielie- en sojaboonboere is ook gelukkig, want met ’n dreigende mielietekort kan pryse die hoogte in skiet, sê hy.
Dit beteken mieliekopers moet hul voerkoste dophou en weet of hulle dit sal oorleef as die mielieprys met nog R500/ton styg.
19 Junie 2011
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Ek stem saam met prof. Johan. Dinge gaan baie moeiliker raak in die toekoms. Lees maar die Bybel, gaan google ook HAARP en sien hoe die New World Order peuter met die weer. Ons weerpatrone gaan baie verander. Niemand ken die toekoms nie, alles is in GOD se hande. Ek glo die bedryf om in te wees is voedsel omdat dit baie skaars gaan word.
Dr Willemse, ek het baie respek vir jou, maar om te weet hoe dinge oor vyf jaar gaan lyk is onmoontlik. Nie een weet eers hoe gaan dit lyk oor vyf maande nie. Ek stem saam, ons moet positief wees.
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)