Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Lourie-bosman-geskok-oor-skuif

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 16:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:63%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Lourie Bosman geskok oor skuif

 
Deur JOYLENE VAN WYK

"Ek's geskok oor die skuif", het dr. Lourie Bosman, DA-LP, gereageer oor sy skuif weg van die portefeuljekomitee vir landbou, bosbou en visserye.

Bosman is een van heelwat kenners op hul vakgebied wat die DA spesiaal in 2009 ingebring het om sy stem en geloofwaardigheid in die komitees te versterk. Die party se leier in die Parlement, me. Lindiwe Mazibuko, wat nie in 2009 in 'n leierskapposisie was nie, het egter nou haar eie skadukabinet gekies.

Bosman het in 'n onderhoud met Landbouweekblad sy skok geopper oor die manier en rede waarom hy van die landbou weggeskuif is. Bosman sal nou die adjunkwoordvoerder vir hoër onderwys en opleiding wees.

Hy meen die party maak 'n groot fout om nie by sy beleid te bly om kundige mense in spesifieke portefeuljes te ontplooi nie. Mazibuko sal uiteindelik verantwoordelikheid moet aanvaar as daar swakker presteer word weens haar fout, meen hy.

Mazibuko het uitgewys dat swak prestasie een van die redes is hoekom van die kundiges verskuif is. Dit verduidelik egter nie Bosman se skuif nie, want hy het die afgelope twee jaar 'n uitmuntende rapport gekry.

Hy het ook einde verlede jaar baie mediablootstelling gekry toe hy me. Tina Joemat-Pettersson, Minister vir Landbou, Bosbou en Visserye, oor haar luukse hotelverblyf aangevat het. Die kwessie word deur die Openbare Beskermer ondersoek.

"Ek het 20 jaar se kennis hoe die internasionale en die Sadec-mark werk. Jy koop nie sulke kundigheid nie."

Hy het ook uitgewys dat Mazibuko nooit met hom oor die skuif gekonsulteer het nie. Bosman het 'n brief geskryf om haar van sy ongelukkigheid in te lig, omdat sy nie sy oproepe beantwoord nie.

Hy meen duisende boere het juis vir die party in die afgelope twee verkiesings gestem omdat hulle weet daar is 'n kenner wat hulle belange op hoëvlak behartig. Bosman het reeds talle oproepe van boere gekry wat wil weet hoe die land se landbou nou behoorlik verteenwoordig gaan word.

2 Februarie 2012

4.142855
 
 
  • 997 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

Carl Muller 
03 Feb 2012 10:02

Wanner lieg 'n politikus.......
wanneer hy sy mond oopmaak.....
Ou NP grappie....hulle het ook net so gelieg...

  • antwoord
Lilly Brand 
02 Feb 2012 21:06

Mr Bosman klink maar vir my baie arrogant. As hy nou regtig dink dat hy die beste en enigste persoon is vir die werk. Dit verbaas my ook nie. Agri SA het hom gemaak wat hy is en nou sonder hulle ondersteunings basis is hy ook niks werd nie. Wat het hy die afgelope 3 jaar gedoen. Lekker vet selaris verdien en verder niks. Indien dit jou (onbekend) so pla dat hy weg is moet julle miskien by Pieter Mulder of die ANC aansluit. Ek sou graag wou sien wat die nuwe twee bereik en wil se gee hulle n kans.

  • antwoord
FGV
02 Feb 2012 16:13

Dit wys jou net jy kan hul nie vertrou nie al is hul in die bestuur, Ek in elk geval nooit! 'N politikus vertrou ek glad nie, hoekom kan ons nie werk met mense wat in bv. landbou opgang maak in bestuur van sake plaas nie? Nou vat ons 'n politikus wat jou sake moet behartig wat niks van die landbou af weet nie, dit werk nie vir my nie. Dit geld vir alle afdelings van ons land.

  • antwoord
onbekend 
02 Feb 2012 09:22

die Da maak nou weer dieselfde foute as die ANC DIT is regtig belaglik, ek het gedink die Da sal by hulle eie beleid hou, maar soos ons volk maar is , begin hulle nou weer hulle eie reelings maak. ek stem nie weer vir n party nie , die Anc vat darem kanse na n paar jaar in bewind , maar die DA begin sommer in n maand of twee, julle stel my en baie ander kiesers in die land teleur , julle laat my baie skaam kry oor julle aksies wat julle net weer doen soos julle smaak . niemand hou samesprekings met die betrokke mense nie , hulle noet dit net in die koerant lees dat hulle n ander werk gekry het . Geen besigheid kan en sal dit met enige van sy werknemers doen nie , maar die politieke partye maak soos hulle wil, Julle is regtig n klomp rugstekers , mag julle vroer as later agterkom julle is maar net so agteraf as alle ander partye .

  • antwoord

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Teenvoeter vir Johne

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Nuwe heffings vir vark gevra
  • Safex-kritiek 'spruit uit onkunde'
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction