|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 16:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 63% |
| Wind: |
Die voedselmaatskappy Tiger Brands en die Ministerie van Maatskaplike Ontwikkeling het kragte saamgesnoer om honger en armoede in die land te verlig.
Tiger Brands voed reeds maandeliks meer as 75 000 arm kinders deur sy Verenig Teen Honger-veldtog. Hy het homself daartoe verbind om die Regering te help met die ontwikkeling en uitvoering van programme vir voedselsekerheid.
Dr. Zola Skweyiya, die Minister van Maatskaplike Ontwikkeling, sê dat die projek reeds kos in die kwesbaarste provinsies, naamlik die Oos-Kaap, KwaZulu-Natal, Limpopo en die Vrystaat, verskaf. Die veldtog se verspreidingsnetwerk sluit ook Noordwes in.
Vandeesmaand is Maatskaplike Ontwikkelingsmaand en as deel daarvan het die department en die veldtog onder meer op 10 Oktober kos in KwaZulu-Natal versprei.
31 Oktober 2003
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24