|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 16:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 63% |
| Wind: |
Dit is noodsaaklik dat die Maitland-abattoir vir die Wes-Kaapse beesprodusente behou moet bly. 'n Punt is egter nou bereik waar dit vir 'n voornemende koper moeilik sal wees om 'n groot genoeg produksie te handhaaf om dit ekonomies te bedryf. So sê mnr. Arnold Brand, voorsitter van die Wes-Kaapse RPO en ondervoorsitter van die nasionale RPO. Hy het in sy voorsittersverslag gesê onderhandelinge met die Unistad Kaapstad is steeds aan die gang, en die raad het in beginsel ingestem dat die abattoir nie vir iets anders as slag gebruik sal word nie. Weens die Unistad se hoë kostestrukture en gevolglike swak benutting van die abattoir, is die maatskappy wat die abattoir bedryf het, gelikwideer en word dit nou deur 'n private persoon bedryf. Stappe is gedoen om koste te verlaag, maar die Unistad se koste is nie aangepas nie. Dingende planne moet egter nou gemaak vir kosteverlaging op kort termyn terwille van langtermyn-oorlewing, het mnr. Brand gesê. Hy sê die invoer van skaap- en beesvleis het met onderskeidelik 296 % en 58 % toegeneem. Die tekort aan fabrieksvleis vir verwerking veroorsaak dat redelike hoeveelhede vleis uit Suid-Amerika ingevoer word. Daar bestaan egter kommer dat steeds bedrog gepleeg word met fakturing en gewigte. Mnr. John Dürr, ondervoorsitter van die Wes-Kaapse RPO, het gesê produsente en agente is die belangrikste mense in die voortbestaan van die abattoir, maar politici neem hulle nie in ag in besluite nie. As die streek die abattoir verloor, sal hulle aan belastingbetalers moet verduidelik waarom.
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24