AfriForum Jeug en die Vryheidsfront Plus (VF Plus) gaan ‘n klag van haatspraak teen mnr. Julius Malema, leier van die ANC se jeugliga, onderskeidelik indien by die Gelykheidshof en Polisie.
Luidens verklarings van die organisasies het Malema die afgelope week by verskeie geleenthede slagspreuke teen boere by openbare saamtrekke geopper.
Volgens AfriForum Jeug het hy glo die lied “Dubula ibhunu” (“Skiet die boere”) Dinsdag by ‘n saamtrek by die Universiteit van Johannesburg en verlede week by sy verjaarsdagvieringe in Limpopo gesing. Die groepe sê tydens sy verjaarsdagvieringe het Malema glo ook gesê dat hy die gees van Peter Mokaba, wat vir sy slagspreuk “Kill the boer, kill the farmer” berug is, oproep.
Kriminele klag by die Polisie
Dr. Pieter Mulder, leier van die VF Plus en Adjunkminister van Landbou, Bosbou en Visserye, het vandag ‘n formele kriminele klag teen Malema by die Brooklyn-polisiestasie in Pretoria ingedien. Die klag is gefokus op Malema se beweerde gebruik van die slagspreuk “Kill the boer, kill the farmer” by die studentesaamtrek in Johannesburg vandeesweek.
Die party sê die gebruik van die slagspreuk is ook ‘n oortreding van artikel 16(2)(c) van die Grondwet. Luidens hulle verklaring sluit vryheid van spraak juis nie verkondiging van haat wat op ras, etnisiteit, geslag of godsdiens gebaseer is (wat aanhitsing om leed te veroorsaak uitmaak) in nie, en is dit reeds verklaar as haatspraak.
Dokumentasie binnekort afgehandel
Intussen sê mnr. Ernst Roets, nasionale voorsitter van AfriForum Jeug, dat dokumentasie vir indiening by die Gelykheidshof vandag afhandel sal word nadat daar vroeër met die groep se regspan beraadslaag is. Die presiese datum van oorhandiging is nog onbekend.
“Julius Malema het nie net die jeug nie, maar die land se grootste verleentheid geword. In Limpopo, waar Malema hierdie lied onder meer gesing het, is ses boere die afgelope maand vermoor. Daar is geen manier waarop ’n mens hierdie lied kan afmaak as iets wat bloot in politieke konteks gesien moet word en wat geen daadwerklike gevolge inhou nie,” sê hy.
Politiese uitlatings oor misdaad
Intussen het mnr. Nathi Mthethwa, Minister van Polisie, hom by Agri SA se misdaadberaad daartoe verbind om die Kabinet en die ANC te vra om nie politiese uitlatings oor landelike geweld te maak nie.
“Mense moet regtig sensitief wees as hulle uitsprake maak oor misdade, veral dit wat steeds ondersoek word. As dit ‘n moord was, is dit net ‘n misdaad, klaar!” Dít was die mening van Mthethwa na vrae oor politieke uitsprake wat gereeld oor plaasaanvalle asook ander voorvalle van geweld in landelike gebiede gemaak word.
10 Maart 2010
Kommentaar
Die uitroep van die breindood Malema ''Dubula ibhunu ''- SKIET DIE BOERE is uiters onverantwoordelik,onsensitief en onaanvaarbaar in 'n sogenaamde beskaafde land soos SA.Ek stem saam met 'n ander skrywer, dat hoe meer erkenning aan 'n wese soos Malema deur die media gegee word, hoe groter word sy magsbasis om sulke ondeurdagte rassistiese uitsprake te maak. Malema is een van die mees walglikste lede wat die ANC nog kon oplewer, wat hulle onberekenbare skade in die openbaar aandoen. Hy is geen leier nie. Miskien vir die gees van Peter Mokaba wat hy kwansuis wil oproep.Ongelukkig vir Malema, Mokaba se gees brand alreeds lankal in die verdoemende hel van duisternis
Ek stem vir Kommando. Regering kan of wil ons nie beskerm nie, so ons sal na onself moet kyk.
Hoe meer mense Malema se naam noem hoe meer berug word hy, hy maak met opset die bizarre of te meer goddelose uitsprake sodat daaroor hom gepraat kan word en mense weet hy is teenwoordig. Hy is n 29jarige snuiter wat nie n Idee het oor apartheid of die gevolge daarvan ervaar het nie. "When push come to shaft" wie gaan die verste hardloop Malema met sy kort gat. Hy wil van die wit man ontslae raak, maar hy bly by die wit man in Sandton, ry met sy Karre rond( die engelse Range Rover) en gaan hou Vakansie in die witman se mooi skoon Lande(Europa). Die wiel gaan draai,dis nie of nie...net wanneer.....
Ja ek sien die onbekende besoeker sê Malema gaan Prsident word!!
Voor daardie dag aanbreek wil ek ook sing" Skiet die boere se teenstanders" ,Jaag die Malemas in die see in.., Jaag die ANC politieke diewe en skelms in die see..., Jaag hulle na hul vriend Mugabe, daar kan hul lekker eet aan ingevoerde SA mieliemeel....
Waarom mag ek as boer dit nie sing nie-laat weet..anders gee ons vir Bok van Blerk opdrag om so 'n lied te komponeer en dan sing ons as boere wat die land kosgee en liefhet , dit by elke vergadering!
Vanoggend skryf iemand vir my dat in die Bybel se tyd was die aanbidders altyd voor die krygers uitgestuur is in die oorlog.
In ons land is die anbidders nou aluit vanaf 1994 en voor toe al.
Miskien het dit tyd geword dat die krygers nou in hulle voetspore volg!!!!!!!!
Dit is skrikwekkend hoe min mense besef dat hul' kos in Suid Afrika afhanklik is van ons boere, klein en groot. En hulle is maklike teikens, want die mense wat vir hulle werk, voel klaar te na gedoen. Ek dink dit is meer as tyd dat die Kommando stelsel weer in gebruik kom. En maak jou eie betroubare plaasmense deel daarvan, anders lyk dit weer soos laer trek.
Waar kan n mens aansoek dat die ANC hom afbetaal.Hier is die engels e woord tog beter."FIRE"
Gaam voort met julle goeie werk.Maak net seker dat hy tronk toe gaan maar in eensame aanhouding dat hy oor sy sondes kan nadink en nie nog meer kriminele werf nie.
Malema gan nog President word. Hou op praat en dreig en doen iets wat saak maak!!!!!
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)