|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 16:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 63% |
| Wind: |
‘n Plaas van 139 ha wat sowat R4 miljoen gekos het, is die nuutste toevoeging tot mnr. Julius Malema se eiendomsportefeulje.
Luidens ‘n berig in City Press het Gwama Eiendomme, ‘n maatskappy wat gedeeltelik deur Malema se Ratanang Familietrust besit word, die plaas Schuilkraal naby Polokwane in Augustus gekoop.
Die ondersoekende joernaliste, Adriaan Basson and Carien du Plessis, skryf dat dié plaas vir kontant gekoop is omdat geen verband daaroor geregistreer is nie.
Schuilkraal is Malema’s se tweede plaas. City Press het in Julie berig dat die Ratanang Familietrust ‘n kleinhoewe op die plaas Palmietfontein vir R900 000 kontant gekoop het.
Lees die volledige storie.
28 Desember 2011
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Ek beginne dink dat die wit afrikaner se moeilikheid deur homself op die hals gehaal word. Die debat hier is veronderstel om te wees oor 'n politikus wat ver bokant sy vermoeë eiendom aanskaf. Maar as ek al die kommentaar lees gaan dit net oor velkleur. Kan ons nie 'n slag van velkleur vergeet en die die kwessie aanspreuk vir wat dit is ? As 'n politikus dinges aanjaag moet hy uitgehaal word vir sy dade, nie tekere gegaan word oor sy ras nie.
Ek wonder maar net.
Ek wonder wat gaan gebeur as hy aangeval word, soos al die ander boere, mens mag nie wens nie maar.......
@My nuwe medeboer. Ek is so trots op hom, Jy het reg gee hom n kans om te leer waaroor landbou gaan dit kan sy meening baie verander
Ag dit gaan tog te lekker in die Suid Afrika ons voorgeslagte het alles op gebou en die huidige geslagte breek alles af. My kind kry nie 'n visum om Amerika toe te kan gaan nie vir 'n kuier maar die bure stroom oor ons grense sonder 'n visum. Jy het geen skuld nie jou eiendom en alles is klaar betaal nou wil jy weer 'n besigheid begin nou kan jy nie eers 'n klein berband vat op jou plot nie want hoegaan jy dit terug betaal - ek begin 'n besigheid ek sal natuurlik dit terug betaal! maar hulle ry luukse motors, hoe betaal hulle daai paaiment terug. Malema en Winnie kom met moord weg hulle kan en sal nie verander nie tot ons land soos die res van Afrika lyk. Die res van die wereld moet maar gaan kyk hulle het nog al die tyd apartheid ons is al oor dit. Gatvol vir Afrika.
My nuwe medeboer. Ek is so trots op hom. Nou is hy een van ons. Aangesien die medeboer van ons so lief is vir geld sal hy nie wil hê sy belegging moet verminder nie. Sodra sy twee breinselle inskop sal hy agter kom hy kan nie bekostig om nasionalisering en grondonteiening verder goed te praat nie. Sy belegging gaan geweldige verliese begin ly as hy aangaan met al sy onoordenkte uitlatings. Sal graag vir hom van ons flukse werkers wil stuur om hom te help boer.
Ek sal wat wou gee om ook agtergeblewe te wees met sulke geld. Malema het beslis nie daarvoor gewerk nie.
Nuwe woorde vir lied "mamma ek will 'n man he"...
Malema ek wil 'n plaas hê Watse plaas my Kameraad Wil jy dalk 'n Melkplaas hê
Nee Juju nee 'n Melkery die wil ek nie Want vroeg opstaan die gaan ek nie
Wat my sal plesier Is 'n plaas vol koringbier!
... Malema ek wil 'n plaas hê Watse plaas my Kameraad Wil jy dalk 'n Beesplaas hê
Nee Juju nee 'n Beesteplaas die wil ek nie Want drade span die gaan ek nie
Wat my sal plesier Is 'n plaas vol koringbier!
Malema ek wil 'n plaas hê Watse plaas my Kameraad Wil jy dalk 'n Wynplaas hê
Nee Juju nee 'n Plaas vir wyn die wil ek nie ant wingerd snoei die ken ek nie
Wat my sal plesier Is 'n plaas vol koringbier!
Malema ek wil 'n plaas hê Watse plaas my Kameraad Wil jy dalk 'n Wildsplaashê
Nee Juju nee 'n Plaas vol bok die wil ek nie Want baie werk die soek ek nie
Wat my sal plesier Is 'n plaas vol koringbier!
Malema ek wil 'n plaas hê Wat se plaas my Kameraad Wil jy dalk 'n Graanplaashê
Nee Juju nee 'n Plaas vol graan die wil ek nie Want oes en plant verstaan ek nie
Wat my sal plesier Is 'n plaas vol koringbier!
Malema ek wil 'n plaas hê Watse plaas my Kameraad Soek jy dalk 'n Sitrusplaas
Nee Juju nee Op 'n Sitrusplaas werk jy jou vrek As die trekker staan en die damme lek Laat die Witman liewer boer Ek bly lekker in my shack!
Hahaha en wat beplan n tieran soos Malema om mee te boer? Wat n grap
Nou is hy seker n' boer? Weet hy wat gebeur met boere as werkers kwaad word oor paasnaweek?
@Onbekende Besoeker (1): Ja, hoekom nooi ons nie ook sommer al die verkragters en moordenaars vir 'n dop en kyk of ons hulle ook tot ander insigte gesuip kan kry nie. Ag, jy maak my siek man! As enige wit ou so opgetree het, was hy lankal gestenig, maar omdat Malema swart is moet hy moet handskoene hanteer word. Hy weet presies waarvoor hy baklei - gaan kyk na sy uitprake oor grondhervorming en wat in Zimbabwe aangaan dan sal jy dalk ook weet wat aangaan. N.S.: Net omdat iemand 'n dop saam met jou drink beteken nie hy gaan nie 'n mes in jou rug afbreek nie - dit het Piet Retief op die harde manier geleer.
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)