Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Malema-minste-van-sa-se-probleme

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 16:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:63%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Malema minste van SA se probleme

 
Deur ALANI JANEKE

Julius Malema, leier van die ANC Jeugliga, en die uitsprake wat hy maak, is die minste van Suid-Afrika se probleme, sê mnr. Justice Malala, ‘n politieke kenner en verslaggewer.

Hy het tydens die Melkprodusente-organisasie se kongres in Johannesburg opgemerk dat geen kommer oor Malema nodig is nie. “Ek dink hy is op pad uit. Hy behoort oor drie jaar op dieselfde plek te wees as waar Peter Mokaba geëindig het,” sê Malala.

Hy het bygevoeg dat hy nie bekommerd is oor uitsprake rakende nasionalisering nie, want hy glo nie dat daar tekens daarvan binne die volgende 20 jaar gesien sal word nie.

Waaroor is kommer nodig? 
 
Malala is wel bekommerd oor die stabiliteit van instansies in die land, aangesien hy meen daar word met die onafhanklikheid daarvan ingemeng. “Ons moet eiendomreg dophou want ek dink dit word bedreig. Ek is ook bekommerd oor die onafhanklikheid van ons regstelsel. As jy nie ons regters kan vertrou nie, wie kan jy vertrou?”

Die gereelde voorkoms van stakings in die land is ook ‘n kwessie wat aangespreek moet word, meen hy.

SA soos Zimbabwe?
Malala meen nie dat Suid-Afrika ‘n volgende Zimbabwe sal word nie weens een groot verskil tussen dié lande. “Zimbabwe is in die situasie waar hy is omdat een president al vir die afgelope 30 jaar aan bewind is. Ons president bly nie deurgaans dieselfde nie, derhalwe lyk ons pad anders.”

Volgens Malala sal die ANC na die nasionale verkiesing in 2014 weer aan bewind wees omdat die party in 2012 sy 100ste bestaansjaar vier en weens sentiment sal wen.

Ekonomiese vooruitsigte?
Intussen voorspel dr. Roelof Botha, ekonomiese raadgewer vir PriceWaterhouseCoopers, dat Suid-Afrika binnekort ekonomiese herstel sal begin ervaar na die wêreldresessie. “Ek verwag relatiewe lae rentekoerse en inflasiekoerse vir die volgende drie tot vyf jaar,” vertel hy.

Volgens Botha sal die land se groeikoers vir die komende twee tot drie jaar tussen 5% tot 6% per jaar beweeg. “In ekonomiese terme is daar baie stabiliteit en sekerheid in die land, dit verskil egter van die politieke situasie, maar ek voorspel dat dit so sal bly.”

25 Augustus 2010

4.25
 
 
  • 1763 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

Onbekende besoeker
26 Aug 2010 12:37

HIERDIE MOET LEES; MALEMA MINISTER VAN SA SE PROBLEME

  • antwoord

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Teenvoeter vir Johne

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • SA tafeldruiwe na Japan uitgevoer
  • Boer beter, kla minder
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction