Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Mbeki-belofte-goeie-nuus

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 16:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:63%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Mbeki-belofte goeie nuus

 
ANDRIES GOUWS

Vir Suid-Afrikaanse boere is pres. Thabo Mbeki se belofte om toe te sien dat gesubsidieerde buitelandse landbouprodukte hul bedryf nie skaad nie en min. Alec Irwin se onderneming dat hy Suid-Afrika se landbou aggressief sal beskerm, goeie nuus. Om dié beloftes gestand te doen, gaan egter vasstaan kos.


Die Europese Unie is Suid-Afrika se grootste landbouhandelsvennoot én sy boere word van die ruimste gesubsidieer. Suid-Afrika wil ook sy handel met Amerika uitbrei, maar daar kry die boere 20 % van hul inkomste van die staat.


Pres. Mbeki het in Londen die ryk lande gewaarsku die WHO-samesprekings in Cancun, Mexiko, sal sneuwel as Amerika en die EU, met Frankryk as die voorbok, nie hul landbousubsidies hersien nie.


Ryk lande bestee meer as $311 miljard (sowat R2 364 000 000 000) aan landbousubsidies, twee keer soveel as die waarde van al die landbouprodukte wat ontwikkelende lande uitvoer.


Amerika het sy landbouhulp verlede jaar met 80 % verhoog met die sogenaamde Landbousekerheidswet, maar sedert 1990 sy landbouhulp aan Afrika met 50 % verminder.


Wat intussen groot waarde vir Suid-Afrika se landbou sal hê, is 'n heroorweging van die Regering se houding teenoor die kommersiële landbou. Mnr. Mbeki en sy kabinet sal grondhervorming, arbeidsake, grondbelasting en plaasveiligheid, om net die belangrikstes te noem, só moet bestuur dat voedsel volhoubaar geproduseer word.


Daarvoor is 'n gesonde kommersiële landbousektor waar wit en swart boere saam met sekerheid kan boer, noodsaaklik. Invoertariewe, wat die boere teen die storting van gesubsidieerde produkte moet beskerm, sal ook doeltreffend toegepas moet word.


Indien oënskynlik blindelings voortgestorm word op die pad na 'n soortgelyke krisis as waarin Zimbabwe se landbou hom bevind, sal dit nie help om die speelveld vir Suid-Afrika se boere gelyk te probeer maak nie. Sonder deurdagte bestuur sal die kommersiële landbou kwyn, sal die grondeisers op lappies woongrond verder verarm en die land afhanklik raak van voedselhulp.


25 Julie 2003

0
 
 
  • 2081 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Teenvoeter vir Johne

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Linda van Wyk...nog bosluisbyte
  • Biotegnologie keer landbou op sy kop
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction